DA blameer Jordaan vir lang rye by verkeer

2016-06-01 06:00
Inwoners van die Nelson Mandelabaai-metro wat Vrydag by die verkeersdepartement in Korsten wou sake doen, is deur ’n baie lang tou mense begroet. Foto: DEON FERREIRA

Inwoners van die Nelson Mandelabaai-metro wat Vrydag by die verkeersdepartement in Korsten wou sake doen, is deur ’n baie lang tou mense begroet. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE personeeltekort by die Korsten-verkeersdepartement knou die Nelson Mandelabaai-metro se ekonomie en werkers se gesondheid, sê die DA.

Gustav Rautenbach, DA-raadslid, het Vrydag ná ’n besoek aan die verkeersdepartement gesê hy hou Danny Jordaan, burgemeester, vir die “deurmekaarspul” verantwoordelik.

“Hy het die metropolisie se vestiging afgedwing sonder dat dit goed deurdink is. Sommige van die verkeerspersoneel is nou deel van die metropolisie, ander is met siekteverlof en ander woon vakbondvergaderings by.”

Volgens hom word die metro se ekonomie geknou omdat inwoners verlof moet neem om vir nuwe rybewyse aansoek te doen en soms nie op dieselfde dag gehelp kan word nie.

“Dan moet hulle op ’n ander dag teruggaan.”

Rautenbach het bygevoeg dat van die ses oogtoetsstasies net twee soms beman word en net twee uit vyf kassiere beskikbaar is. “Dit kan die personeel se gesondheid benadeel omdat hulle onophoudelik moet werk om te sorg dat die honderde inwoners geholpe raak.”

Kupido Baron, munisipale woordvoerder, het in reaksie gesê die metro het ’n plan en prosesse waarvolgens die uitdagings met verkeerspersoneel opgelos sal word. Hy het nie meer besonderhede bekend gemaak nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.