Departement sê gou oor leerkragte se poste

2016-08-03 06:00

DIE begroting vir onderwysers is op die tafel en Oos-Kaapse skole hoor binnekort of hulle nóg mannekrag sal moet prysgee.

Dié provinsie se onderwyserposte het sedert 2012 met meer as 10 000 gedaal.

Die onderwyservakbond Sadou rol nou al sy moue op om te “baklei” indien daar vir aanstaande jaar selfs nóg minder poste aan skole voorsien sal word.

“Daar kan onmoontlik vir nóg minder onderwysers begroot word,” het Sindisile Zamisa, waarnemende sekretaris van Sadou in die Oos-Kaap, gesê. “Skole sukkel reeds om met die bietjie wat oor is, klaar te kom.”

Sadou het vanjaar die Oos-Kaapse onderwysdepartement (OKOD) aangevat oor hy die provinsie se poste met 1 049 van 2015 ingekort het.

Edmund van Vuuren, lid van die portefeuljekomitee oor onderwys in die provinsie, sê kanse is skraal dat die postevoorsiening vir 2017 sal groei. “Die ouditeursverslag het getoon dat leerdertalle in die Oos-Kaap vanjaar gedaal het. Hoe minder kinders in skole, hoe minder onderwysers word in ’n provinsie benodig. Ek dink die OKOD moet eerder fokus op die korrekte verspreiding van die min hande in die Oos-Kaap,” het hy gesê.

Mali Mtima, provinsiale woordvoerder oor onderwys, sê die OKOD het tydens ’n verifikasieveldtog elke hoof aangesê om identifikasiedokumente van sy leerlinge en onderwysers in te dien. “Dié proses is ook nou afgehandel. Ons weet presies wat skole se eintlike getalle is. Teen September sal die voorlopige postevoorsieningslys uitgereik word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.