Dié een swem hy vir sy pa - Grey-oudleerling gaan Rio toe

2016-04-27 06:00
Christopher Reid (Grey oudleerder), in die middel, saam met leerders Kuno Boettiger en Credence Pattinson, met Cole Craig (agter) en Nicolas Adam (voor) regs van hom.              Foto: WERNER HILLS

Christopher Reid (Grey oudleerder), in die middel, saam met leerders Kuno Boettiger en Credence Pattinson, met Cole Craig (agter) en Nicolas Adam (voor) regs van hom. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WANNEER Christopher Reid (20), Suid-Afrika se nuwe swemsensasie, in Augustus in die swembad by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro duik, sal hy dit ter nagedagtenis aan sy pa doen.

Reid, wat in Lorraine in die Baai grootgeword het, het sy pa, Darryl, in 2013 aan kanker verloor.

“Sy pa se woorde aan die onkoloog was: ‘Maak net seker dat ek my seun in Rio sien swem,’ ” het sy ma, Ronel, gesê.

“Ongelukkig het dit nie só gebeur nie.”

Reid, wat onlangs sy alma mater, die Hoërskool Grey, besoek het, se nuwe wêreldrekord in die 100 m-rugslag het die Suid-Afrikaanse swemgemeenskap behoorlik aan die gons.

Hy het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Olimpiese uitdunne in Durban Gerhard Zandberg se nasionale rekord van agt jaar in dié item laat spat. Sy nuwe tyd van 53.12 – 0.63 minder as Zandberg s’n – plaas hom tans die vyfde vinnigste in die wêreld in die 100 m-rugslag.

Reid het ook saam met Cameron van der Berg (borsslag), Chad le Clos (vlinderslag) en Calvin Justis (vryslag) met sy rugslag vir Suid-Afrika se wisselslag-aflosspan vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer. Hy het in sy been van dié item ook die tiende beste tyd in die wêreld opgestel.

“Die afrigters het my gedruk om iets ‘spesiaals’ te doen,” het die byna 2 m lange swemmer gesê. “Maar al voel mense dat ek tog iets spesiaals verrig het, is ek nooit tevrede nie. Ek voel altyd asof ek beter kan doen. In Rio hoop ek om met ’n paar medaljes huis toe te kom. My pa sou regtig trots wees.”

Dié student in kwantitatiewe finansiering aan die Universiteit van Alabama in die VSA glo dat ’n mens moed en sakke vol drif moet hê as jy sukses wil behaal.

“Sy kop is reg aangeskroef,” het Ronel gesê terwyl sy haar seun om die swembad met die Grey-leerlinge dopgehou het.

“Sy pa het gevra dat ek hom net in Rio moet kry, maar die waarheid is: ’n mens hoef nie agter Christopher te staan nie. Hy weet wat hy wil hê.”

Sy pa was self ’n kranige swemmer en sy ma die atleet.

“Hy was ’n tipiese seun wat maar in die swembad rond gemors het. Ons het eers besef hy’s regtig ’n swemmertjie toe sy gr. 2-juffrou by Grey gesê het ons moet vir hom ’n afrigter kry, want hy het potensiaal. Die res is maar geskiedenis,” het sy trots bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.