Die geliefde Appeltrein loop weer!

2017-11-29 06:01
Die Appeltrein in sy glorieryke dae in Port Elizabeth.                                    Foto:VERSKAF

Die Appeltrein in sy glorieryke dae in Port Elizabeth. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT is amptelik– die ikoniese Appeltrein van Port Elizabeth is terug op die spoor.

Dié stoomtrein het jare lank in en rondom Port Elizabeth as die Apple Express ’n toeristediens verskaf en het in 2010 sy laaste stoom geblaas.

Andrew Whitfield, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, het gesê die amptelike heropening van die trein word beplan vir 16 Desember, wanneer die trein ook ’n nuwe naam gaan kry.

Hoewel dié trein slegs vir drie weke in die feestyd passasiers sal vervoer, sal dié tydperk die trein se lewensvatbaarheid bepaal.

“Die eerste fase van die projek is om die gewildheid te bepaal en daarom sal dit vir drie weke oor die somerseisoen bedrywig wees,” sê Whitfield.

“Ons sal vandaar die sukses evalueer en die projek uitbrei.”

Tydens die drie weke sal die trein ook net tussen Kings-strand en die lughawe ry.

Herstelwerk word tans aan die smalspoorlyn voltooi en die werkers werk onverpoos om die sperdatum te haal.

Verskeie planne om die trein se wiele aan die rol te kry, is al gevolg, maar dié bevestiging van Whitfield is die eerste woord wat oor ’n amptelike opening gerep word.

Nerina Skuy, wat verlede jaar in Oktober bestuurshoof van Apple Express Rail, ’n maatskappy sonder winsbejag, en voorsitter van die Erfenis-spoorwegvereniging van Suid-Afrika was, het bevestig die passasierswaens is volledig gerestoureer en die lokomotiewe het die stoomtoets geslaag.

Skuy sê Transnet sal besluit wanneer die trein weer die spoor sal vat.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.