Die yster-stem van Ysterman-kompetisie

2016-03-23 06:00
Paul Kaye, die stem van die Ysterman-kompetisie in Suid-Afrika, sal vanjaar sy 50ste Ysterman-kompetisie aanbied wanneer hy weer die atlete in Port Elizabeth aanmoedig.    Foto: ARGIEF

Paul Kaye, die stem van die Ysterman-kompetisie in Suid-Afrika, sal vanjaar sy 50ste Ysterman-kompetisie aanbied wanneer hy weer die atlete in Port Elizabeth aanmoedig. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is die man wat sowat 2 000 atlete met elke kompetisie met die woorde “You are an Ironman!” gelukwens wanneer hulle oor die eindstreep strompel.

Hy is Paul Kaye, wyd bekend as “dié stem” by Suid-Afrika en Europa se Ystermankompetisies. Met April se kragmeting in die Baai sal Kaye sy 50ste Ysterman aanbied.

“Ja, dis my 50ste Ysterman,” sê hy met ’n tikkie trots, maar gooi dan vinnig wal teen enige misverstand “. . . wat ek aanbied, nie waaraan ek deelneem nie!”

Tog was hy nog nooit bang om self die moordende driekamp van meer as 220 km (180,2 km fietsry-, 3,8 km swem- en ’n marathon – 42,2 km) aan te durf nie. Ja, erken hy, elke keer as die atlete wegspring voel hy effe groen omdat hy moet agterbly.

“Maar sodra die deelnemers goed op dreef is, raak ek só deel van elkeen se reis dat hul oomblik oor die eindstreep ook my oomblik is.”

Hoewel dit mag voorkom asof Kaye met elke byeenkoms daardie mikrofoon jaar ná jaar met net nog groter selfvertroue vashou, erken hy tog dat die vlinders nog elke keer bollemakiesie in sy maag slaan.

“Met elke kompetisie is die senuwees nog net so erg soos my heel eerste keer in 1990 toe ek as 20-jarige Die Burger Trans Agulhas aangebied het.

“Ek het in daardie stadium niks van bote geweet nie, maar om een of ander rede het die senuwees en adrenalien my net gedryf om die vertoning aan die gang te hou.”

Vandag, ná 49 Ysterman-kompetisies en talle ander internasionale sportbyeenkomste, wéét hy dis daai einste adrenalien wat hom help om die “prentjie” in woorde te omskep. “Die prentjies in my kop help my om dieselfde goed 21 uur aaneen te sê, maar met ander woorde.”

Dat sy stembande die daaropvolgende dag soos kole in sy keel voel, is al ’n oorbekende verskynsel, “maar elke sport het sy beserings!” voeg hy laggend by. “Ná so ’n Ysterman-uitdaging is die atlete se bene stokstyf en by my weer my stem en hande – van die duisende high fives – en dit is my enigste ‘beserings!’ ”

Diegene wat nog wonder of Kaye nie dalk oordryf met sy stem en high five-“beserings” nie, moet die aankondiger se aksies by vanjaar se Ysterman Afrika-kampioenskap in Port Elizabeth op 10 April by Hobiestrand gaan dophou...

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.