Dit wemel van partye wat die Baai wil regeer

2016-07-20 06:00
Inwoners van Kuyga in Port Elizabeth staan gister by brandende versperrings in Kaapweg. Die groep betogers is ontevrede oor die ANC se keuse vir die kandidaatraadslid in wyk 40. Foto: WERNER HILLS

Inwoners van Kuyga in Port Elizabeth staan gister by brandende versperrings in Kaapweg. Die groep betogers is ontevrede oor die ANC se keuse vir die kandidaatraadslid in wyk 40. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ALTESAAM 18 politieke partye gaan die munisipale verkiesing in Nelson Mandelabaai op 3 Augustus betwis.

Dié inligting is vervat in die party- en kandidatelyste wat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) onlangs bekend gemaak het.

Net sewe van die 18 partye betwis al 60 wyke in die metro. Dit is die ANC, DA, Vryheidsfront Plus, Cope, ACDP en twee nuwer partye, die Ubuntu Party en African Power Movement.

Die ander partye het hul visier op minder wyke gestel: die EFF (59 wyke), Christian Democratic Party (57), UDM (53), United Front (43), Independent Civic Organisation of South Africa (22), Patriotic Alliance (21), Azapo (20), Pan Africanist Congress of Azania (16), African Independent Congress (16), Building a Cohesive Society (15) en Alternative Democrats (8).

Die ANC het 90 kandidate op sy proporsionele lys, die DA 60, die EFF 59 en die UDM 50.

In Nelson Mandelabaai betwis 22 onafhanklike kandidate 21 wyke met twee kandidate wat wyk 11 in hul visier het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.