Dolfyn in Baai gered ná massastranding

2019-01-16 06:02
Dié dolfynkoei is gisteroggend lewend op Koningstrand in Port Elizabeth aangetref en gered.

Dié dolfynkoei is gisteroggend lewend op Koningstrand in Port Elizabeth aangetref en gered.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MARIENE bioloë in die Oos-Kaap was nog besig om karkasse van die 16 dolfyne ná ’n massastranding by Woody Cape-strand te ontleed, toe was daar verlede Donderdag byna nóg ’n dooie dolfyn.

“Gelukkig het die persoon wat op die dolfyn afgekom het die noodnommer gehad en ons kon vinnig reageer om die dolfyn te probeer red,” sê dr. Greg Hofmeyr, mariene bioloog van die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth.

Die volwasse dolfynkoei is Donderdagoggend omstreeks 07:00 op Koningstrand deur ’n strandganger opgemerk.

“Ons kon baie gou reageer en toe ons daar aankom, het sy nog geleef.”

Hofmeyr sê ’n veearts het bevind die dolfyn is gesond en sterk genoeg om weer by die see ingeneem te word.

“Die departement van omgewingsake is ingelig en die veearts se mening is deurgegee voordat ons toestemming gevra het om die dolfyn weer die see in te neem.”

Toe die departement die groen lig gee, het Hofmeyr vinnig gereageer deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) om hulp met die vervoer van die dolfyn te nader.

“Die NSRI het dadelik kom help. Hulle het die dolfyn met ’n boot by Cape Recife sowat 3 km die see ingeneem en haar daar vrygelaat.”

Hoewel die dolfyn na Hofmeyr se mening sterk gelyk het, sê hy daar is wel ’n moontlikheid dat sy nie sal oorleef nie en selfs weer uitspoel.

Donderdag se voorval volg drie dae ná die massastranding van dolfyne by die Woody Cape-strand naby Alexandria.

Dié strand is sowat 80 km van Koningstrand af.

Gegewe die tyd van die massastranding, kan Donderdag se voorval moontlik daarmee verband hou, sê Hofmeyr.

“Maar dit is alles bespiegeling, want niemand weet vir seker wat die massastrandings veroorsaak nie.”

’n Massastranding het ook verlede jaar by Woody Cape voorgekom toe 14 dolfyne uitgespoel het. Sowat ’n week daarna het ’n dolfyn op Cape Recife-strand in Port Elizabeth uitgespoel.

  • Enigeen wat op ’n gestrande dier in Port Elizabeth en omstreke afkom, kan Bay­world se noodlyn by 071 724 2122 skakel.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.