Early B stap weg met Ghoema-toekenning

2017-04-26 06:02
Early B met sy Ghoema-toekenning wat hy ontvang het vir beste hip-hop liedjie.Foto: ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

Early B met sy Ghoema-toekenning wat hy ontvang het vir beste hip-hop liedjie.Foto: ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het geskiedenis gemaak deur die eerste wenner van die Ghoema-toekenning vir hip-hop te word, maar volgens die kletsrymer Early B behoort dié blinknuwe toekenning aan al die land se hip-hop kunstenaars.

“Met dié toekenning wys ons dat daar hoop is vir hip-hop in die land,” vertel Early B, of-tewel Earl Swartz (28), kort nadat hy na sy tuisdorp van Port Elizabeth teruggekeer het.

Hy is Sondagaand in Kaapstad met die Ghoema-toekenning vir beste hip-hop liedjie bekroon. Twee van sy liedjies, Bene Lam en Cerebellum, is in dié kategorie benoem, met eersgenoemde wat hom die toekenning besorg het.

“Toe ek benoem is, het ek gesê ek voel ge-vaarlik, maar nou ís ek gevaarlik,” skerts hy. “Dit voel nog onwerklik, maar dit is ’n ongelooflike gevoel.”

Eintlik was dit vir hom ’n groot skok, erken hy. “Die ander benoemdes – Hemelbesem, Jerome Rex en Linkris – is gesoute kunstenaars, en hul woorde dra krag. Voor die tyd het ons aan mekaar gesê dat ons elkeen reeds gewen het, net omdat die oog nou op ons is.

“Toe kondig hulle die wenliedjie aan. Ek het verwag hulle gaan eers die kunstenaar noem, so ek het gewag. Eers toe ’n vriend langs my opspring, het ek besef dit is my liedjie.”

Hy was so deurmekaar dat hy skoon vergeet het wat hy wou sê, lag hy. “Nou weet ek hoekom mense toesprake neerskryf. Ek wou my suster Rochelle, wat my bestuurder is, en die res van die span bedank, maar moes dit later voor my optrede doen.

“Die boodskap wat ek eintlik wou deel – en wat ek nou wil deurgee – is dat ons mense eerder vir toekennings soos dié moet reik as vir messe of vuurwapens.”

Dit is juis Early B se plan, want hy wil nou ander toekennings by sy Ghoema voeg. “Ek kom nie terug met die toekenning en ’n groot kop nie. Dis nou terug na die tekenbord. Ek wil aanhou doen wat ek doen en streef om dit selfs beter te doen.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.