Eerlike pakker beloon met vliegrit

2016-02-10 06:00
Shemondeley Bernardo (links) met haar boetie Ashraf Roman (11, middel) en seuntjie Caleb Bernardo (7).                                   Foto: Annemie English

Shemondeley Bernardo (links) met haar boetie Ashraf Roman (11, middel) en seuntjie Caleb Bernardo (7). Foto: Annemie English

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

n VLIEGRIT in ’n splinternuwe Italiaanse Vulcanair P68R was die beloning vir ’n pakker van ’n plaaslike supermark, haar seun en broer nadat sy ’n pekanneuttert wat in ’n winkeltrollie agtergebly het, terug winkel toe geneem het.

Annemie English van Groenbossies het gesê sy was aangenaam verras deur Shemondeley “Sterretjie” Bernardo (25) van Windvogel se eerlikheid en nederigheid.

English het verlede jaar ’n pekanneuttert by die Pick n Pay-supermark in Lorraine gekoop en het later, toe sy daarvan wou eet, besef dit het in die winkel se trollie agtergebly.

“Ek het vier dae later teruggegaan om weer ’n tert te koop en het ’n geselsie met die kassiere aangeknoop en haar vertel van die tert wat ek vergeet het. Sy het die bestuurder daarvan vertel en hy het vir my ’n tert gratis gegee.”

English het toe ook gehoor dat die tert wat sy vergeet het, wél ingehandig is.

“Sterretjie het dit ingehandig. In dié oneerlike wêreld van ons kon sy die tert vir haarself gevat het, maar sy het nie.”

English, wie se man, John, die eienaar is van Progress Flight Academy, is drie dae later weer terug supermark toe om Sterretjie te beloon met ’n gratis vliegrit.

“Ek was so bang dat sy sou nee sê, maar die uitdrukking van ongeloof en dankbaarheid op haar gesig het alles gesê. Sy het gevra of die vliegrit op haar seuntjie, Caleb, se sewende verjaardag kon plaasvind en haar boetie Ashraf (11) ook kan saamkom.

“Hulle was eers ’n bietjie sku, maar het die vlug baie geniet.”

Gail Roman, Sterretjie se ma, was Saterdag saam met haar kinders en kleinseun na die vliegveld.

“Toe hulle opstyg, toe dink ek ‘daar gaan my hele lewe’, maar Ashraf en Caleb kan steeds nie uitgepraat raak nie. Hulle sê nou hulle het ’n nuwe aunty en sy het ’n plane,” het Roman laggend vertel.

Roman kan nie oor English uitgepraat raak nie. “Daar is nog mooi mense in hierdie wêreld en mev. English is een van hulle.”

Sy is ook vol lof vir haar dogter. “Dis nie omdat dit my dogter is dat ek dit sê nie, maar sy is regtig eerlik en nederig. Ná haar geboorte het my oom gesê sy lyk soos ’n sterretjie en dit was van toe af haar noemnaam.”

English het gesê Roman en Sterretjie het hulle Saterdagaand weer gebel net om dankie te sê, hoewel hulle dit soveel keer in die loop van die dag gedoen het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.