‘Elke kind hier is soos ons eie’

2016-08-03 06:00
Chaniel Stofberg, ’n fisioterapeut by die skool, help Shakeelah Daniels (8) om haar handfunksie te ontwikkel.

Chaniel Stofberg, ’n fisioterapeut by die skool, help Shakeelah Daniels (8) om haar handfunksie te ontwikkel.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy het self vanjaar sy 60ste verjaardag gevier, maar soos dié skool se leuse lui: “Ons maak ’n verskil”, is Jacques Hugo, skoolhoof, nog hard besig om in die lewe van “sy kinders” terug te ploeg.

“Die skool is eintlik ouer as ek – ’n volle twee maande,” skerts Hugo van agter sy lessenaar. “Ek dink nie nou al aan uittree nie. Dis nog lekker hier.”

Die Hoërskool Kaap Recife in Admiraltyweg in Somerstrand is ’n skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes. Hoewel die skool hoërskoolstatus het, bied dit ook onderrig aan gr. R’s en laerskoolleerlinge.

Hugo glo dis die onderwysers en terapeute se opregte omgee en hul vasberadenheid om aan hul leerlinge se individuele onderrig – aangepas vir elke kind se eie behoeftes – aandag te gee wat die sleutel tot hul sukses is.

“Ek klap maar net die sweep van hier; die harde werkers is in die klaskamers en terapielokale,” sê hy. “Ons is van die suksesvolste skole vir kinders met spesiale onderwysbehoeftes, ja, maar ek dink dis deels omdat die stigter van die skool so ’n goeie fondasie vir ons gelê het.”

Die skool het sy deure vir net sewe leerlinge oopgemaak nadat Hanna Lurie, ’n Baaise ma, ’n stryd gevoer het om plek in ’n skool vir haar serebraal gestremde dogter, Sandra Rose, te kry.

Lurie het tot na Johannesburg gereis omdat daar geen skool van dié soort in PE was nie. Toe die soveelste skool Sandra Rose toegang weier, het Lurie besluit om self ’n skool te stig.

In 1957 het die skool erkenning van die departement van onderwys gekry en het dit amptelik as die Oos-Kaapse skool vir leerlinge met serebrale gestremdheid bekend gestaan. Vandag bied die skool onderrig aan leerlinge met velerlei leeruitdagings en spog dit met 41 klaskamers, ’n administratiewe blok, vier koshuise, ’n skoolsaal en drie swembaddens.

Daar is ook die Kaap Recife-vuurtoring, ’n onthaalplek en restaurant wat deur die skool se spysenier- en hotel-leerlinge gebruik word. Die publiek kan die geriewe gebruik en sodoende word ekstra geld vir die skool ingesamel.

Die skool spog al vir 19 jaar met ’n matriekslaagsyfer van 100%. Hier is van die Oos-Kaap se beste prokureurs, sakemanne, burgers en sporthelde gekweek, vertel Hugo.

“Wat doen ons anders by Kaap Recife? Ons rus ons kinders só toe dat hulle ná matriek hier uitstap en die lewe aangryp. Daar is niks fout met ons kinders nie, soos baie onkundiges sou glo. Die kurrikulum wat in hoofstroomskole gebruik word, word net aangepas vir ons gebruik.”

Kaap Recife het 72 personeellede, sommiges onderwysers en ander terapeute.

Die skool bied onder meer remediërende onderrig, spraakterapie, arbeidsterapie, fisioterapie en sielkundige hulp vir sy leerlinge.

Hier neem kleingoed dikwels hul eerste tree, sê ’n eerste woord of leer ’n potlood vashou – ontwikkeling wat hulle dalk andersins nie beskore sou wees nie.

Dis die omgee van die span. Die feit dat ons gereeld koppe bymekaarsit oor hoe ons ’n kind kan help wat sukkel, volgens sy of haar individuele behoeftes en nie die res s’n nie,” sê Hugo.

“Hier werk ons hard. En elke kind is soos ons eie. Ek staan soms aan die einde van die kwartaal doodmoeg in die skoolsaal en kyk na die ander personeel, wat net so moeg is soos ek. Dis mense met wie mens ’n deel van die wêreld sou kon verander.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.