‘Gemeenskap moet help om diefstal by skole stop te sit’

2016-08-17 06:00
Richard Draai, sekretaris van die noordelike gebiede se onderwysforum, kyk saam met Lawton Prinsloo (links) en Milan Martins (regs) na die heining wat deur vermeende inbrekers geknip is.  Foto’s: WERNER HILLS en verskaf

Richard Draai, sekretaris van die noordelike gebiede se onderwysforum, kyk saam met Lawton Prinsloo (links) en Milan Martins (regs) na die heining wat deur vermeende inbrekers geknip is. Foto’s: WERNER HILLS en verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TALLE skole in die Baaise noordelike woonbuurte het vanjaar herhaaldelik onder inbrekers deurgeloop.

By die Bethvale Primêre Skool in Soudienweg word daar glo weekliks toegeslaan. Die jongste buit is ’n 20 m lange stuk omheining wat Donderdagoggend gesteel is.

By die Sanctor Primêre Skool is daar ook onlangs wéér skryfbehoeftes uit klaskamers gesteel.

Die Adolph Schauder Primary School in Schauderville en die Laerskool Machiu word ook glo geteiken.

“By die West End Primary School is die hoof se skootrekenaar ook gesteel. Van Bethvale se rekenaars en watertenks is ook al deur dié diewe gegaps,” sê Richard Draai, voorsitter van die noordelike gebiede se onderwysforum (Naef).

“Die heel hartseerste is dat die inbrekers gewoonlik mense van die gebied is; mense wat nie ’n duit vir onderrig omgee nie en net húl duiwelse begeertes wil vervul.”

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê skole in dié woonbuurte word gereeld geteiken.

“In sommige voorvalle word die verdagtes aangekeer en ander kere nie,” sê sy. “In die meeste gevalle is dit rekenaars, asook elektriese kabels en koperpype wat gesteel word.”

Naidu doen ’n beroep op die publiek om nie goedere wat vermoedelik gesteel is te koop nie, maar om dit eerder by die polisie aan te meld.

Mali Mtima, provinsiale woordvoerder oor onderwys, meen dat gemeenskapslede meer oplettend moet wees en verdagte aktiwiteite aanmeld.

“Ons vind dat die vermeende inbrekers in die meeste gevalle gemeenskapslede is,” sê hy.

“Soms is dit oudleerlinge wat in dwelms verval het en so desperaat is dat hulle selfs hul alma maters sal stroop. Die departement (van onderwys) het in 2009 al gevra dat polisiekantore skole in hul gemeenskap moet aanneem. Ons kan basiese veiligheidsmaatreëls aanbring, maar selfs dán is samewerking deur die hele gemeenskap en sy rolspelers noodsaaklik.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.