Gesoek: Huurhuis vir hom én sy Tracy

2019-07-03 06:02
Siphiwe Malinga saam met sy pitbull, Tracy.                       Foto: Verskaf

Siphiwe Malinga saam met sy pitbull, Tracy. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY voorliefde vir pitbull-honde het hom van ’n seisoenale sitruswerker in Kirkwood na ’n nuwe lewe en heeltydse werk in Port Elizabeth geneem.

Maar vir Siphiwe Malinga (31) blyk die einste liefde vir sy pitbull, Tracy, in sy soektog na ’n nuwe tuiste ’n struikelblok te wees.

“Ek sou my nooit kon indink dat die soektog na ’n nuwe huis wat troeteldiere toelaat, so moeilik kan wees nie. Party plekke aanvaar troeteldiere, maar sodra hulle hoor dis ’n pitbull, raak hulle huiwerig. En om dan aan huiseienaars te probeer verduidelik dat Tracy ’n gewone hond is wat nog nooit enige probleme veroorsaak het nie, is doelloos,” sê Malinga.

Sowat vyf jaar gelede het Malinga ’n advertensie raakgelees waarin ’n pitbull-eienaar dié hond vir ’n PlayStation wou verruil.

Malinga onthou die dag nog goed en sê hy het gedink hy lees die Afrikaans bewoorde advertensie verkeerd en het iemand gevra om dit na Engels, sy eerste taal, te vertaal.

“Ek het aangehou dink hoekom sal iemand ’n dier vir ’n TV-speletjiekonsole wil weggee. Ek het geweet ek moet die hond aanneem.”

Hoewel Malinga nie ’n PlayStation gehad het nie, het hy die pitbull-eienaar R500 vir die hond aangebied. Die honde-eienaar het egter nooit vir hul ontmoeting in Uitenhage opgedaag nie.

Maar sy belangstelling in pitbulls het nie verdwyn nie en Malinga het vir ’n pitbull by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Uitenhage gaan soek, waar hy vir Marizanne Ferreira, ’n kampvegter vir pitbull-honde in Port Elizabeth, leer ken het.

Die DBV het Malinga egter afgekeur om ’n hond aan te neem weens sy huis in Kirkwood se ongeskiktheid, maar hy het later vir Tracy by ’n man in ’n plaaslike township gekoop.

“Ek het gehoor die hondjies word verniet weggegee, maar toe ek daar aankom, moes ek vir Tracy betaal. Daai tyd het ek ook nog nie geweet van die onwettige telers se streke nie,” sê Malinga.

Intussen het hy deur Ferreira gehoor van ’n moontlike werk as ’n assistent vir die dierehokke by die Walmer-dierekliniek in Port Elizabeth. Hy het die werk gekry en kort daarna sak en pak met Tracy na sy familie in Motherwell getrek, voordat hy ’n motorhuis in Forest Hill as kamer begin huur het.

Hier het hy geld gespaar en ’n fiets gekoop, waarmee hy vir Tracy in ’n rugsak na die veearts vervoer het om haar inspuitings te kry. Hy het onlangs genoeg geld bymekaar gemaak om vir hom ’n motorfiets te koop en het besluit dit is nou tyd om ’n groter woonplek vir hom en Tracy te kry.

“Daar was een man wat gesê het as Tracy ’n ander honderas was, het ek die huis gekry om te huur.

“Maar dit maak nie saak hoeveel keer ek afgekeur word nie, ek sal nooit vir Tracy opgee om ’n beter huis te kry nie. Sy is my vriendin. Om haar te los sal beteken ek gee my beste vriendin weg en dit kan ek net nie doen nie.”

Intussen het Ferreira ook Malinga se pleidooi vir ’n nuwe, bekostigbare troeteldiervriendelike huis op sosiale media uitgestuur.

“Hy (Malinga) het homself al so goed opgebou. Sodra hy ’n nuwe woonplek kry, sal ek met ’n geruste hart vir hom nog ’n pitbull gee,” het Ferreira gesê.

Volgens haar moet pitbulls in ’n huis wees waar daar minstens 2.4 m-hoë grensmure is.

“Ideaal gesproke moet hulle ook nie van die straat af gesien kan word nie, vir hul eie veiligheid.

“Pitbulls is ook net honde. Wat hom in ’n monster óf ’n teddiebeer verander, is die mens. Niemand vra ooit wat doen die mens aan die pitbull nie. Ons kry pitbulls in wat verskriklik verniel is, honger, maer, beseer, wat hul hele lewe lank aan ’n ketting was, maar niemand vra ooit waar is daardie mense nie. Dít in vergelyking met die gevalle van pitbulls wat mense aanval – daar is geen verhouding in daardie syfers nie,” het Ferreira gesê.

Enigeen wat moontlik bekostigbare troeteldiervriendelike huurhuise het, kan Ferreira by 083 446 6180 bel.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.