Grotman is terug in die Baai

2016-05-11 06:00
Tim Plewman, wat sedert 1997 met sy verhoogstuk Defending the Caveman Suid-Afrikaanse gehore laat skaterlag, tree dié week weer in Port Elizabeth op. Kaartjies is by Computicket te koop. Foto: vERSKAF

Tim Plewman, wat sedert 1997 met sy verhoogstuk Defending the Caveman Suid-Afrikaanse gehore laat skaterlag, tree dié week weer in Port Elizabeth op. Kaartjies is by Computicket te koop. Foto: vERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het 1 608 keer die wysheid van die oertydse grotman op die verhoog uitgedeel, maar in dié tyd het verhoudings tussen mans en vroue nie juis veel verander nie.

“Mense dink mans het baie verander, want nou is hulle mos metroseksueel,” het Tim Plewman, die teater-veteraan wat sy vertoning Defending the Caveman dié week na Port Elizabeth bring, vertel.

“As jy egter na Twilight, een van die gewildste flieks van die 2000’s, kyk, sal jy die waarheid sien. Hierin is die held ’n sensitiewe siel wat haarstilerings-produkte gebruik – maar as jy mooi kyk, is hy steeds ’n bloeddorstige monster wat jou siel wil uitruk.”

Dan erken hy daar is ’n paar veranderings wat hy by die Caveman-vertoning moes voeg, aangesien hy die teks reeds in 1997 geskryf het – ’n verwerking van ’n Amerikaanse verhoogstuk.

“Eintlik het ek net ’n paar digitale verwysings ingewerk, maar die res is steeds relevant. Dit is juis die Amerikaners wat my genader het om die stuk weer op te voer, want ek het dit vir vyf jaar gestaak om op ander projekte te fokus.

“Toe stem ek in om dit vir nog drie jaar terug te bring.”

Hy is nou al vir twee jaar terug onder die grotman se kleed van pels, maar of hy wel aanstaande jaar dié pels sal ophang, kan hy nie belowe nie.

“Ek skryf ander verhoogstukke ook – eintlik probeer ek elke jaar ’n toneelstuk of boek skryf, tussendeur optredes – maar ek weet nie wat ná volgende jaar gebeur nie.

“Dalk word Caveman voortgesit met ’n jonger akteur, of dalk kan ek ’n ontrimpeling ondergaan!”

Voor dan het hy nog baie lesse om vir Suid-Afrikaanse gehore te bring.

“Enigeen wat dié toneelstuk sien, sal huis toe gaan met ’n beter begrip van hoe hul lewensmaat dink, of dit in die slaapkamer, voor die televisie of agter die stuurwiel is. Een voorbeeld is mans wat nie luister na vroue terwyl hulle televisie kyk nie; dis nie dat ons hulle ignoreer nie, maar ons is werklik nie daartoe in staat om te luister én te kyk nie.”

Dan raak hy vir ’n oomblik ernstig. “Buiten die grappies bly komedie die beste manier om lesse oor te dra, veral wat ernstige euwels in die samelewing betref.

“As mense iets soos geweld kan verstaan en danksy jou grappies daaroor kan lag, verloor dit die belangrikheid en mag wat daaraan geheg word.”

  • Defending the Caveman word van vandag tot Saterdag elke aand om 8nm. by Old Grey in Port Elizabeth opgevoer. Kaartjies is vanaf R160 per persoon by Computicket beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.