‘Hierdie plaasjapie wil skelms vasvat’

2018-01-17 06:00
Genl.maj. Thembisile Patekile, die Mountweg-polisiegebied se nuwe bevelvoerder.                            Photo:Cara-Lee Dorfling

Genl.maj. Thembisile Patekile, die Mountweg-polisiegebied se nuwe bevelvoerder. Photo:Cara-Lee Dorfling

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE bendes en hul dwelms se dae in Port Elizabeth is getel, sê genl.maj. Thembisile Patekile, die Mountweg-polisiegebied se nuwe bevelvoerder, wat na homself as ’n plaasjapie verwys gegewe sy herkoms as veewagter van Port St. Johns in die Oos-Kaap.

“As kind is ek geleer om voor skool die mielielande te ploeg, dan skool te gaan, en daarna moet ek die vee bymekaarmaak en huiswerk doen. Dit is die soort dissipline wat die grondslag vir my menswees gelê het,” sê Patekile.

Hy het Maandag die leisels oorgeneem by genl.maj. Funeka Siganga wat na Queenstown verplaas is.

Patekile het sy polisie-loopbaan meer as 32 jaar gelede in KwaNobuhle, net buite Uitenhage, begin.

Dit was tydens sy tweede besoek aan die naaste dorp van hul nedersetting in Port St. Johns waar hy die eerste keer ’n polisielid gesien het.

“Daardie polisielid was klein en maer. Hy het mense met respek hanteer en almal het vir hom ge-luister. Dit het vir my na ’n eerbare werk gelyk en ek het toe al geweet ek sal eendag by die polisie aansluit,” sê Patekile, wat verder gestudeer het en ’n gekwalifiseerde advokaat is.

Hy sê hy gaan ook verseker dat dissipline hoog op die polisie in Port Elizabeth se lys van prioriteite is wanneer hulle die berugte bendes en hul dwelms uitroei.

“Dwelms en bendes hou veral verband met huisrooftogte en as ons dié misdaadstrukture kan afbreek, het ons die helfte van die oorlog teen misdaad in die stad gewen,” sê Patekile.

Hoewel hy tussen 2014 en 2016 die Wes-Kaap se adjunk-provinsiale polisie-kommissaris en vir ’n jaar die waarnemende provinsiale polisiekommissaris was, is hy bewus van die voortslepende bendegeweld en moorde in die stad.

“Die noordelike gebied en die sinnelose skietvoorvalle is ’n probleem. Die probleem lê grootliks by die jeug. Ons arresteer meestal jong mense. Ons sal begin fokus op ’n program wat die jeug besig en weg van bendes hou.”

Sy volgende plan is om faktore wat misdaad aanwakker, soos onwettige tavernes, hok te slaan. “Onwettige tavernes sal toegemaak word, want gesinsgeweld en verkragtings is die nagevolg van drank- en dwelmmisbruik.”

Patekile hoop ook om beter betrekkinge met plaaslike buurtwagte en sakelui te hê sodat die gemeenskap en polisie saam kan werk om misdaad te bekamp.

“Ons fokus is om lewens te red, maar my vernaamste funksie sal wees om veel beter misdaadvoorkomingsplanne in te stel. Dit kan ons net met bewusmaking en die hulp van ons vennote doen,” sê Patekile.

Hy beskou homself as ’n spesialis in operasies en waarsku dat meer gespesialiseerde klopjagte in die stad uitgevoer sal word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.