Huis gou verkoop ná Baaise agent dit regruk

2015-11-25 06:23
; Kobie Potgieter, eiendomsagent van Remax Independent in die Baai, is eersdaags te sien in die kykNET-program Vat jou goed en trek. Foto: Werner Hills

; Kobie Potgieter, eiendomsagent van Remax Independent in die Baai, is eersdaags te sien in die kykNET-program Vat jou goed en trek. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’N HUIS wat ses maande lank op die “rak” gesit het, is binne twee weke verkoop nadat een van die Baai se top-eiendomsagente en ’n TV-span dit reggeruk het.

Kobie Potgieter, eienaar van drie Remax Independent-agentskappe in die Baai, het die Vriendelike Stad verteenwoordig in die realiteitsprogram Vat jou goed en trek op kykNET.

“Die program bestaan uit 13 episodes en elke episode het verskillende huise wat eiendomsagente sukkel om te verkoop,” het Potgieter vertel.

Toe sy gevra is om op die program te verskyn het sy geweet van ’n huis in Lovemore Heights waaraan kopers net nie wou byt nie.

Sy meen daar is altyd ’n rede waarom ’n huis nie maklik verkoop nie. “Daar is mos maar altyd iets wat potensiële kopers afsit en by hierdie huis was dit die ventilasie in die een kamer en die kaggelmuur wat swak gepleister was.”

Die formaat van die program het geverg dat Potgieter raad aan die eienaars gee oor wat dit is wat hul huis in ’n kopersdroom kan omskep.

“Daar was R50 000 beskikbaar van die verskeie borge van die program wat betaal het vir die opknapping van die huis.

“Dit was alles real, niks was vooraf beplan of geoefen nie. Ek het partykeer iets gesê wat ek nie gedink het op kamera gaan wees nie, maar dan was die kamera by.”

Die huis is twee weke ná die opknappings verkoop.

“Kobie was die eerste agent wat ek genader het om op die program te verskyn. Haar naam loop haar vooruit in die eiendomsbedryf en ek het geweet sy sal beslis ’n aanwins wees vir die reeks – en ek was reg!” het Henck Conrey, die vervaardiger en aanbieder van Vat jou goed en trek, gesê.

Potgieter het so goed gevaar dat sy weer op die kassie gaan verskyn.

“Haar kundigheid as eiendomsagent in die Oos-Kaap en haar vermoë om potensiaal in ’n eiendom raak te sien is die rede hoekom ons haar gekies het vir ’n tweede reeks,” aldus Conrey.

Potgieter se raad aan huiseienaars is om ’n eiendomsagent te raadpleeg wanneer hulle besluit om aan te bou.

“Partykeer is dit beter om jou huis te verkoop en dan ’n nuwe een te koop presies soos wat jy wil hê, want die vloei van ’n mens se huis het ’n groot invloed wanneer dit kom by verkoop.”

Sy was tien jaar lank onderwyseres, en dié vaardighede pas sy steeds as eiendomsagent toe.

“Ek bied gereeld opleiding aan omdat dit vir my lekker is om kennis oor te dra. Ek het ook my eie persoonlike assistentstelsel uitgewerk en daaroor in Duitsland gaan opleiding bied.”

Ná 15 jaar in die eiendomsmark het sy nou 90 werknemers in drie kantore.

“Ek is tans onder die top-10 van Remax-eiendomsagente wêreldwyd; en dit is 93 000 mense in 90 verskillende lande. Ek is baie geseënd en kan net vir Liewe Jesus dankie sê.”

  • Die episode waarin Potgieter te sien is, word op Kersdag op kykNET uitgesaai.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.