Keur van top-kunstenaars maak Wildsfees wonderliker

2018-06-13 06:02

MEER as 30 van die land se top-kunstenaars en plaaslike kunstenaars gaan vanjaar die Sondagsriviervallei laat dreun met pure musiekplesier wanneer hulle op die grootste en beste buitelugverhoog tydens die SPAR Kirkwood Wildsfees gaan optree.

“Baie van dié kunstenaars sal vir die eerste keer by die Wildsfees, selfs in die Oos-Kaap optree, of het jare gelede in die provinsie opgetree,” het Jenni Honsbein, feesdirekteur, gesê.

Dié kunstenaars sluit immergewilde kunstenaars soos Laurika Rauch, Adam Tas en Koos Kombuis op Sondag, 1 Julie in. Op Vrydag, 29 Junie tree onder meer Fatman en Caroline op en op Saterdag, 30 Junie is dit weer Blackie Swart, Jan Bloukaas, Michael Lindt en Tussen Sterre.

Op plaaslike kunstenaarsfront sal Die Baaienaars Sondag op die Adventure Province-hoofverhoog optree.

Op Vrydag sal Chezanne eerste die Adventure Province-verhoog met haar vertoning betree. Daarna sal JJ Botha, Caroline Grace, Fatman, Adam, Lianie May, Jay en Snotkop volg.

In nog ’n Wildsfees-eerste sal Locnville in die Lagerville-biertent vir die navertoningspartytjie wees.

In die opbou tot die opening van die Adventure Province-verhoog, sal The Sensationals, Rob en Ferdi en Alex Cavan die feesgangers in die kykNET Leefstyl Plein vermaak.

Op Saterdag begin die lewendige musiekvermaak met Alex Cavan in die Flavourfontein Beach Bar. Die na-vertoningspartytjie met Jan Bloukaas en Dirk van der Westhuizen word ook hier gehou.

Lollos en Lettie sal weer die eerste kunstenaars op die Adventure-hoofverhoog wees om die kinders én diegene wat jonk van gees is, te vermaak.

Ná hulle volg Michael Lindt, Thys die Bosveldklong, Dirk van der Westhuizen, Tussen Sterre, Leah, Joe Foster, Jakkie Louw, Nadine, Jan Bloukaas en Kurt Darren, terwyl die groot feesgunstelinge, Dr Victor and The Rasta Rebels, die aand op hoë noot sal laat eindig.

Die Bay City Rockers sal weer die liefhebbers van uitsoekwyne en -kosse in die kyk-NET Leefstyl Plein vermaak voor die aksie op die hoofverhoog begin.

Op Sondag sal Lollos en Lettie weer met die musiek op die hoofverhoog begin, waarna Die Baaienaars, Koos Kombuis, Blackie Swart, Laurika Rauch en Adam Tas vanaf 14:00 hul vertonings sal lewer.

Nog ander Wildsfees-vermaak sluit ’n vertoning van Friesperde in die Vodacom Pavilion in, asook teenstropingdemonstrasies deur die Addo-olifant nasionale park se veldwagters en die polisie se honde-eenheid, asook ’n hondevertoning waar die onlangs-erkende swart Boerboel-ras tentoongestel sal word.

In die Coca-Cola Pretsone sal feesgangers weer vermaak word deur ritmiese gimnastiekvertonings aangebied deur There will Psyko Souljahz Kids, ’n klimtol-kompetisie, die Coca-Cola-sokkeruitdaging, ’n kinder- speletjiesprogram met die grapjas Roland Gaspar, ’n dromspel-demonstrasie en -werkswinkel asook ’n balwiggelary-werkswinkel.

Besoek www.wildsfees.co.za vir meer inligting oor die 2018 SPAR Kirkwood Wildsfees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.