Kinderhuis vind baat by mooi gebaar

2017-01-11 06:01
Kirsty van Eyck van Glen Hurd het haar mondigwordingskenkings aan die kinders by die Door of Hope-kinderhuis oorhandig. Hier is sy by Gladys Panda, stigter van die sentrum.    Foto: WERNER HILLS

Kirsty van Eyck van Glen Hurd het haar mondigwordingskenkings aan die kinders by die Door of Hope-kinderhuis oorhandig. Hier is sy by Gladys Panda, stigter van die sentrum. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Door of Hope-kinderhuis in Port Elizabeth is nou tjok-en-blok vol poppe, teestelle, sporttoerusting en speelgoedkarre – talle van die kinders hier se heel eerste speelgoed.

Kirsty van Eyck (21) van Glen Hurd in Port Elizabeth het besluit om met haar 21ste verjaardag nie geskenke te aanvaar nie, maar eerder haar gaste te vra om geskenke vir dié Baaise weeshuis te bring.

Sy het onlangs 30 kinderogies sien blink toe sy “haar geskenke” aan hulle oorhandig.

“Die gaste was verbaas oor my versoek en sommige het selfs gedink ek wou soos die Kardashians wees, omdat een van hulle dieselfde vir haar verjaardag gedoen het,” sê dié student in die regte. “Maar my ma het my geleer om met ander te deel.”

Haar ma, Felicity, sê hul navorsing oor wees- en kinderhuise aan wie hulle die geskenke sou bring, het hulle na Door of Hope in Sydenham gelei.

“Toe ek hier instap, het ek net geweet dit is die plek wat by die skenking moet baatvind.”

Gladys Panda is die eienaar en stigter van Door of Hope en het meer as tien jaar gelede begin om verwaarloosde en weggooikinders in haar huis in Motherwell te versorg.

“Ek het ’n visie gehad om vir kinders te sorg. Die dag toe ek sê ek gaan dit doen, is die eerste kind na my gebring en binne ’n week het ek vyf kinders onder my sorg gehad,” onthou sy. Maar dit was nie maklik nie.

“Kinders van vroue met die MI-virus is na my gebring asook studente wat nadat hulle geboorte geskenk het, gevra het dat ek hul kinders versorg.”

Panda sê die voortbestaan van die skuiling is te danke aan die munisipaliteit se steun, vrywilligers en groothartigheid van mense van so ver as die VSA.

“Ek bid en vertrou op die Here vir alles wat ons nodig het. Elke keer kom hulp op die tyd dat ons dit nodig het. Sommige mense kom en belowe selfs om kinders se skoolgeld jaarliks te borg.”

Panda is baie dankbaar vir Van Eyck se groothartigheid.

“Hoewel Kersfees verby is, is dit nooit te laat om te gee en mense se harte te verbly nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.