Konsert vir Die Train samel R38 000 in

2016-07-20 06:00
Willem Stadler, een van die eienaars van die kroeg Die Train, sit in die rommel wat daarvan oorgebly het. ’n Musiekkonsert ten bate van die kuierplek het meer as R38 000 ingesamel vir die eienaars. Foto: ARGIEF

Willem Stadler, een van die eienaars van die kroeg Die Train, sit in die rommel wat daarvan oorgebly het. ’n Musiekkonsert ten bate van die kuierplek het meer as R38 000 ingesamel vir die eienaars. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MINDER as ’n maand ná die brand wat Die Train, ’n gewilde Baaise houtkroeg aan die strandfront, in puin gelaat het, het sy gereelde besoekers saamgespan om dit weer op die been te kry.

’n Konsert met 31 plaaslike kunstenaars is op 10 Julie by Open Sky gehou om geld vir die herstel van dié kroeg in te samel.

Die Train was nie verseker nie.

Romilda Muller, organiseerder en een van die sangers by die konsert, is baie dankbaar oor die wyse waarop die Baaienaars die poging ondersteun het.

“Ons het R38 060 ingesamel, wat vir my verstommend was,” sê sy. “Daar was nie plek vir ’n muis oor in Open Sky nie. Die mense het al vroegoggend begin instroom en teen laatmiddag was die kuierplek se kos uitverkoop. Die gees was net fantasties.”

Muller sê sy wil nóg ’n konsert reël om verder geld in te samel vir Die Train se eienaars, Willem Stadler en Donovane van Dyk.

“Dié konsert sal waarskynlik in September gehou word.”

Stadler sê hy is “ongelooflik dankbaar” vir die gemeenskap se ondersteuning.

“Die hele gemeenskap is wonderlik en hul steun gaan regtig baie help,” sê hy. “Dit is ’n groot projek om Die Train te herbou, een wat baie geld en baie werk gaan verg, maar elke bietjie help.

“Ons is so dankbaar vir die wyse waarop almal saamgestaan het om ons te help in dié proses.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.