Kragoptelspan breek rekords by kampioenskappe

2018-03-28 06:00
< Agter van links is Gavin Stander (skole-afrigter), André Ludik (spanafrigter) en Gabriel Adamstein. In die middel is Steve Harding, Thabang Modukanela, Panash Mhari, Vanessa Lessing en Lutho Tom. Voor is Samantha Harding, Patricia Harding, Elisabeth Barry en Megan Minnaar.    Foto: VERSKAF

< Agter van links is Gavin Stander (skole-afrigter), André Ludik (spanafrigter) en Gabriel Adamstein. In die middel is Steve Harding, Thabang Modukanela, Panash Mhari, Vanessa Lessing en Lutho Tom. Voor is Samantha Harding, Patricia Harding, Elisabeth Barry en Megan Minnaar. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Oos-Kaap se kragoptelspan (powerlifting) het uitstekend gevaar by die SA Kampioenskappe wat onlangs in Potchefstroom gehou is.

Die span van die Oos-Kaap het ses goue, drie silwer en drie brons medaljes verower asook drie nuwe SA rekords verbeter.

Die uitslae was soos volg:

Vroue

In die onder 47kg, Sub-Junior, verower Patricia Harding ’n goue medalje en breek haar eie SA Dooiegewig rekord met 10kg (nou 107.5kg). Sy was die verdedigende SA Kampioen.

In die onder 63kg, Junior, verower Samantha Harding ’n silwer medalje.

In die onder 47kg, Senior, verower Megan Minnaar ’n silwer medalje. Dit was haar eerste SA Kampioenskappe en ’n blink toekoms word vir haar voorspel.

In die onder 52kg, Senior, verower Elisabeth Barry ’n brons medalje. Sy het ook in die Meester 1 afdeling deelgeneem en is gekroon as SA kampioen.

In die onder 63kg, Meester 1, verower Vanessa Lessing ’n brons medalje. Dit was ’n stryd tussen die vrouens in haar gewig. Die laaste poging van die drie vrouens het bepaal wie tweede, derde en vierde plek gaan kry. Hierdie was ook haar eerste SA Kampioenskappe.

Mans

In die onder 59kg, Sub-Junior, verower Thabang Modukanela ’n goue medalje en breek die SA borsopstootrekord met 100kg.

In die onder 59kg, Sub-Junior, verower Panash Mhari ’n silwer medalje. Hierdie was ook sy eerste SA Kampioenskappe.

In die onder 74kg, Sub-Junior, verower Lutho Tom ’n goue medalje. Hy moes al sy krag bymekaar maak om sy opponent te uitoorlê vir eerste plek. Hierdie was sy eerste SA Kampioenskappe. In die onder 93kg, Sub-Junior, verower Gabriel Adamstein ’n goue medalje. Hierdie was sy eerste SA Kampioenskappe.

In die onder 93kg, Meester 1, verower Steve Harding ’n silwer medalje.

In die onder 120kg, Meester 3, verower André Ludik ’n goue medalje en breek sy eie SA Dooiegewig rekord met 2.5kg (nou 215kg). Hy was ook die verdedigende SA kampioen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.