Metro beloof skenking om diere in PE te steriliseer

2018-04-04 06:03
Athol Trollip, Nelson Mandelabaai burgemeester.

Athol Trollip, Nelson Mandelabaai burgemeester.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIR die eerste keer in die geskiedenis van die Nelson Mandelabaai-metro het die munisipaliteit geld vir ’n massiewe sterilisasie-veldtog vir diere bewillig.

’n Totaal van R250 000 van die metro se begroting word vir die veldtog om honde in arm gemeenskappe te steriliseer opsygesit.

Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie, sê die bedrag is in die begroting as deel van ’n “spesiale burgemeestersprojek” aangebring.

Die projek kom nadat ’n komitee, wat uit lede van die metro se onderskeie dierewelsynsorganisasies bestaan, volhard het in sy pleidooie aan die metro om munisipale wette strenger toe te pas wat die sterilisasie van honde en katte behels.

Volgens Marizanne Ferreira, komiteelid, het hulle verlede jaar met Athol Trollip, burgemeester, vergader en hul kommer uitgespreek oor die groot aantal diere wat nie gesteriliseer is in die metro nie en die owerhede se hulp gevra.

Ná vyf jaar wat dié komiteelede met vorige rolspelers en metro-leiers vergader het en telkens net leë beloftes gekry het, het Trollip onderneem om te help, sê Ferreira.

Benewens die metro se samewerking om strenger beheer oor diere uit te oefen het hulle ná die vergadering ’n oproep van Trollip se kantoor ontvang met nuus dat ’n begroting van R250 000 eksklusief vir ’n volskaalse sterilisasie-veldtog toegeken word.

“Ons het nooit gevra vir enige geld nie, net strenger toepassing van die regulasie en toe kom die bonus van geld vir ’n sterilisasie-veldtog wat absoluut deur die burgemeester gedryf is,” sê Ferreira.

Dié vreugde was bykans van korte duur toe die metro se aanpassingsbegroting ter tafel gelê en deur opposisielede afgekeur is.

Maar ondanks verlede week se chaotiese raadsvergadering, waarop opposisielede ’n mosie van wantroue teen Trollip ingedien het, is dié mosie nie aangehoor nie, maar die aanpassingsbegroting is goedgekeur.

Vir Ferreira en die komitee beteken dit dat die geld wel vir die sterilisasie-veldtog beskikbaar gemaak sal word.

“Die wonderlike nuus is eintlik nog oorweldigend. Daar is nou baie reëlings wat voorlê nadat ons weer met die burgemeester vergader het.”

Sy sê die begroting sal die sterilisasie van tussen 700 en 800 honde kan beteken.

“My mikpunt is om minstens 1 000 honde te steriliseer. Ons gaan die geld moet probeer rek. Ek hoop dat die opwinding van die munisipaliteit se hulp, sal oorspoel na van die veeartse en hulle instem om gratis te help.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.