Metro ‘probeer alles’ om styging in waterprys te keer

2016-01-27 06:00

TERWYL ’n reuse-styging in watertariewe dreig, probeer die Nelson Mandela-metro glo alles in sy mag om verbruikers dié skokverhoging te spaar.

Maar met ’n watervermorsingsyfer van nagenoeg 50% sal die metro vinnig plan moet maak om watervoorsiening en bekostigbaarheid te verseker.

Netwerk24 het Sondag berig dat watertariewe gemiddeld met minstens 65% kan styg as die departement van water en sanitasie se nuwe prysstrategie aanvaar word.

Dié strategie is nog vir die volgende drie weke vir kommentaar beskikbaar.

“Luidens die kennisgewing wat in die Staatskoerant gepubliseer is, moet daar ’n klemverskuiwing kom sodat die volle koste van water regstreeks van verbruikers verhaal word,” het Netwerk24 berig.

Kupido Baron, ’n munisipale woordvoerder, het gesê die Nelson Mandela-metro het reeds in November verlede jaar ’n werksessie gehou om sinvolle kommentaar op die voorstel te lewer.

“Ons het toe reeds ons amptelike kommentaar oor die voorgestelde verhogingstrategie ingedien. Ons kommentaar en voorstelle het ten doel om die verbruiker teen ’n skokverhoging te beskerm.”

Baron het gesê die metro hier moet soos ander munisipaliteite oor die land heen nou wag vir die proses om sy verloop te neem.

“Hopelik kry ons nog weer die geleentheid om teen die voorgestelde skerp watertariefverhogings kapsie te maak.”

Baron het voorts gesê enige watertariefverhogings wat wel van krag sou word, sal eers vanaf 1 Julie in werking kon tree wanneer die munisipaliteit se nuwe boekjaar begin.

“Waterprysverhogings moet in die begroting ingebou word en kan nie sommer net in die middel van ’n boekjaar van krag word nie.”

Retief Odendaal, DA-raadslid, het gesê weens die hoë watervermorsingsyfer in die metro, kan die departement moontlik die voorstelle wat ingedien is nie ernstig opneem nie.

Hy meen die waterverliese in die metro – wat ongeveer R500 miljoen per jaar beloop – kan grootliks aan agterstallige opknappings en instandhoudingswerk toegeskryf word.

“Maar, die metro het eenvoudig nie genoeg geld om die nodige opknappingswerk te doen nie. Ons sal ’n geldinspuiting van die nasionale regering moet bekom.”

Volgens Odendaal moet die Nooitgedacht-waterskema voltooi word ten einde langtermyn-watersekerheid te verseker.

“Ons het ook nie geld om dié skema te voltooi nie. Indien die watervermorsing met so min as 25% bekamp sou kon word, sal dit ’n besparing van ongeveer R220 miljoen tot gevolg hê.

“En dit is amper genoeg om die Nooitgedacht-skema te voltooi.”

Die departement van waterwese se voorgestelde nuwe strategie behels dat verbruikers onder meer vir waterbron-bestuurskoste, instandhouding van infrastruktuur, ’n beplande ekonomiese reguleerder vir water, die waternavorsingskommissie en afvalwaterbestuur sal moet opdok.

“Die beleid beklemtoon dat watertariewe die waterskaarste in die land behoort te weerspieël en vermorsing moet ontmoedig,” het Netwerk24 berig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.