‘Moenie gestrande seediere in water dwing’

2018-07-11 06:01
'n Groep mense help om die dwergpotvis uit die see te dra voordat dit na die Bayworld-oseanarium geneem is. Foto’s: Craig Hendricks

'n Groep mense help om die dwergpotvis uit die see te dra voordat dit na die Bayworld-oseanarium geneem is. Foto’s: Craig Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SEEDIER wat gestrand is, kan verdrink as mense die dier probeer help deur dit terug in die see te probeer stoot of te trek, waarsku ’n marinebioloog.

’n Jong dwergpotvis het onlangs gevrek nadat hy op die strand in Blouwaterbaai in Port Elizabeth uitgespoel het.

Mense het bykans ’n uur lank gespook om die 2,4 m lange dwergpotvis, ’n soort walvis, terug in die see te kry.

Dr. Greg Hofmeyr, marinebioloog van die Bayworld-oseanarium, is later gevra om te help. Hy het die walvis half bewusteloos en met swak asemhaling aangetref. Die dier het kort daarna sy bewussyn verloor en is na Bay­world gebring. Daar is bevind dat hy nie sal kan herstel nie.

Hofmeyr sê die departement van omgewingsake het toestemming gegee dat die dier van kant gemaak word.

Hy het in ’n outopsie skuim in die lugpyp gevind. Dit is volgens hom ’n simptoom van verdrinking en hy meen die walvis het sy bewussyn verloor omdat hy besig was om te verdrink.

Hy het water ingeneem terwyl die strandgangers hom in die branders rondgestoot het en hy nie normaal kon asemhaal nie.

Hofmeyr vra mense wat op gestrande diere afkom om hulle op die strand te los en hulle so gemaklik as moontlik te maak. Dit kan gedoen word deur die dier se gesig weg van die see te draai, ’n nat handdoek oor sy vel te lê, so min as moontlik geraas te maak en beperkte beweging in sy gesigsveld toe te laat.

Intussen moet die plaaslike owerhede in kennis gestel word om die nodige hulp te kry.

  • Hofmeyr sê ’n ondersoek sal dan gedoen word om te bepaal of die betrokke dier gerehabiliteer of met behulp van ’n boot vrygelaat kan word. Enigeen wat op ’n gestrande dier in Port Elizabeth en omstreke afkom, kan Bayworld se noodlyn by 071 724 2122 skakel.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.