Nog koue in aantog

2016-07-06 06:00

WARM op die spore van die koudste dag wat Baaienaars verlede week sedert 2014 ervaar het, het die kwik Sondag-oggend selfs verder gedaal.

Volgens Deon van der Mescht van die SA weerkantoor, was die minimum temperatuur Sondag-oggend 0.5 °C by die Port Elizabeth lug-hawe en -0.1 °C by Port Alfred lughawe.

Boonop moet Oos-Kapenaars nie te haastig wees om die komberse en serpe weg te pak nie, met nog koue weer wat vandag in aantog is.

Volgens Van der Mescht, het daar die afgelope naweek ligte sneeu voorgekom op pieke in die Outeniqua-berge, Tsitsikamma-berge, Kouga-berge, Sneeuberge, Winterberge en suidelike Drakensberge. “Sterk tot stormsterk-wind langs die kus het die aanvoelbare temperatuur Vrydagnag tot benede 5 °C langs die Tuinroete gedwing,” het Van der Mescht gesê.

Garth Sampson, van die Oos-Kaapse weerkantoor het verlede Woensdag aan Die Burger gesê dat die kwik op daardie dag tot 1,9 °C gedaal het wat die koudste is sedert 2014 toe die tempe-ratuur tot 1,4°C gedaal het. “Dit moet nog onder -0,7 °C daal om die rekordboeke te haal,” het Sampson gesê.

“’n Koue front word teen Woensdag (vandag) weer oor die suidelike dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag. Die jongste voorspellingsmodelle dui aan dat vriesvlakke weer laag genoeg kan daal om sneeu teweeg te bring oor etlike pieke in die twee provinsies, het Van der Mescht gesê.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.