Nuwe trappe vir Lorraine Laerskool

2018-06-06 06:01
Wyk 8 Raadslid Gustav Rautenbach by die trappe wat hy laat bou het by die Laerskool Lorraine.  Foto: ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

Wyk 8 Raadslid Gustav Rautenbach by die trappe wat hy laat bou het by die Laerskool Lorraine. Foto: ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DANKSY ’n besorgde wyksraadslid kan die leerders en opvoeders by die Laerskool Lorraine nou veiliger voel.

Die skool het onlangs die wyk 8-raadslid, Gustav Rautenbach, genader om nog ’n trap wat die tweede verdieping na die grondvlak verbind, te laat aanbring. Daar was net een stel trappe wat ’n groot veiligheidsrisiko was, sou ’n brand ontstaan.

Benewens die trappe is daar ook ’n afdak en voetpad aangebring, alles teen ’n totaal van R90 000 - ’n bedrag wat deur die wyk se hulpfonds gedek is.

Rautenbach het by die onthulling gesê dat hy trots is om met die Laerskool Lorraine geassosieer te word.

“Dit is ’n voorreg om ’n vennootskap te handhaaf tussen hierdie skool en my kantoor.”

Skoolhoof JJ Harmse het Rautenbach bedank. “Ons wil baie dankie sê aan die raadslid en ook die munisipaliteit vir die finansiële ondersteuning om daardie trappe te bou. Dankie dat u die behoefte raakgesien het en besef het dat dit nie ’n luukse is nie, maar ’n absolute noodsaaklikheid. Dit was werklikwaar ’n gevaarsone wat ons daar gehad het, so, dankie dat u die kinders se belange op die hart gedra het.”

Die skool het hul waardering gewys deur die trappe na Rautenbach te vernoem en het ’n gedenkplaat met sy naam by die trap aangebring.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.