Onwettige stortingsterrein in PE een van grootstes

2018-02-28 06:00
Arnold Slabbert van Wildline, ’n stedelike kleinwildbewaringsgroep en omgewingskundige, wys beeldmateriaal van ’n hommeltuig wat oor die gebied in Fairview vlieg waar een van die stad se grootste onwettige stortingsterreine bedryf is.                    Foto’s: Lulama Zenzile

Arnold Slabbert van Wildline, ’n stedelike kleinwildbewaringsgroep en omgewingskundige, wys beeldmateriaal van ’n hommeltuig wat oor die gebied in Fairview vlieg waar een van die stad se grootste onwettige stortingsterreine bedryf is. Foto’s: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OP dieselfde dag as wat die Nelson Mandelabaai-metro sy taakspan teen onwettige storting bekend gestel het, is ’n man betrap wat moontlik een van die grootste onwettige stortingsterreine wat die metro nóg gesien het, bedryf.

Langs een van Port Elizabeth se hoofstrate in Fairview, agter digte bosse in ’n onbewoonde gebied, word “berge” rommel versteek.

Volgens Arnold Slabbert van Wildline, ’n stedelike kleinwildbewaringsgroep en omgewingskundige, is die gebied deur een man met “duisende ton” se afval, bourommel, vullis, motoronderdele en toksiese stowwe bevuil.

“Die man adverteer ’n rommelverwyderingsdiens. Mense betaal hom om die rommel– enige soort rommel, selfs asbes – op te laai en te verwyder. Die man wat die goed verwyder, betaal niks nie, want hy stort alles net in ’n oop veld agter die huis waar hy bly en ry weg,” verduidelik Slabbert.

Sowat drie weke gelede het Slabbert inligting ontvang van ’n vermoedelik onwettige stortingsterrein in die gebied en hy het ondersoek ingestel.

“Daar was net een pad in, en dieselfde pad weer uit, na die gebied.

“Wat ek gesien het, kan ek net as die grootste onwettige stortingsterrein in die stad beskryf.”

Minstens drie hektaar word gebruik om die rommel te stort, meen Slabbert.

Langer as twee weke, dag en nag, het Slabbert en sy span die gebied gemonitor om genoeg bewysstukke te versamel.

Woensdagoggend het Slabbert die man op heterdaad betrap terwyl hy glo stukkende teëls van sy voertuig aflaai.

Beeldmateriaal van die voorval wys hoe die voertuigbestuurder van die toneel probeer vlug toe hy besef die owerhede is op hom, wat bykans tot ’n vuisgeveg tussen hom en die owerhede gelei het toe hulle sy sleutels probeer afneem.

Die polisie en metropolisie was op die toneel en daar is op die man se voertuig beslag gelê.

Volgens Yusuf Cassim, hoof van die Town Rangers, is die betrokke man ’n boete van R4 500 opgelê.

Cassim sê die grond waarop die onwettige stortingsterrein geleë is, behoort aan die departement van openbare werke en nie aan die oortreder nie.

Die man moet ook die gebied skoonmaak en indien hy versuim om dit te doen, sal die munisipaliteit die werk doen en die rekening aan hom stuur, sê Cassim.

Hy sê verdere aanklagte sal die man moontlik in die gesig staar.

Terwyl Slabbert die man vir onwettige storting vasgetrek het, het Athol Trollip, burgemeester, en Lance Grootboom, burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid, die metro se sogenaamde spooktaakspan teen onwettige rommelstorters bekend gestel.

Volgens Grootboom sal drie ongemerkte voertuie die metro patrolleer en oortreders vastrek.

“Enige persoon wat betrap word vir onwettige vullisstorting, sal met R2 000 beboet word. Die volgende stap is om die boeteskedule aan te pas, om selfs die motors van herhaalde oortreders te konfiskeer.”

Trollip het ook ’n beroep op inwoners gedoen om mense wat onwettig vullis stort by die munisipaliteit aan te meld.

Maar Slabbert het in reaksie op die taakspan se bekendmaking gesê die metro se spookeenheid sal geen verskil maak nie.

“Die metro het gevorderde tegnologie nodig en die mannekrag wat bereid is om ondersoekwerk te doen om die probleem te stop.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.