Oos-Kaapse kunswerke kom onder die hamer vir kankervereniging

2017-11-22 06:01

DIE Vroue Landbouvereniging van Kaapland-Aqua (VLV-Aqua) gaan vandag en more (22 en 23 November) die Kuns is ’n Guns-fondsinsameling hou ten bate van KANSA Oos-Kaap by die Port Elizabeth Gholfklub.

Statistieke bewys dat een uit elke vier Suid-Afrikaners sal in hulle leeftyd deur kanker geraak word. Meer as 100 000 Suid-Afrikaners word jaarliks met kanker gediagnoseer met ’n oorlewingsyfer van slegs 60%.

Daarom het sowat 50 Oos-Kaapse kunstenaars ingestem om ’n kunswerk te skep en te skenk vir die Kuns vir ’n Guns-geleentheid.

Die ongetekende kunswerke sal uitgestal word en besoekers kan ’n aanbod van so min as R150 op ’n kunswerk maak. Die persoon met die hoogste aanbod sal die kunswerk bekom, met ’n opsie om die kunswerk te laat teken teen ’n addisionele fooi.

Die idee is dat al die kunswerke ewe veel kans het om verkoop te word en nie net dié van sekere kunstenaars nie.

Die kunswerke sal tydens ’n skemerkelkie op 23 November aan dié met die hoogste bod toegeken word.

Kunstenaars word nie finansieel vergoed vir die kunswerk wat hulle skenk nie. Hulle doen VLV-Acqua, en uiteindelik KANSA Oos-Kaap, ’n guns met hulle kuns.

Vir meer inligting kontak VLV-Aqua se oorsitter, Natania Schmidt, by 082 661 6920 of natania@heinzinstyle.co.za. – MEDEWERKER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.