Oos-Kapenaar wen US se kanseliersmedalje

2016-12-14 06:01
Riccardo Swanepoel het verlede Woensdagaand die kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch ontvang.  Foto: Verskaf

Riccardo Swanepoel het verlede Woensdagaand die kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SLIMKOP van die Oos-Kaap het alle ander Maties uitgestof as ontvanger van die kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch (US).

“Dit was ’n groot verrassing en ek het nie woorde om dit te beskryf nie,” sê Riccardo Swanepoel, oudleerling van die Hoërskool Framesby en die Laerskool Lorraine in Port Elizabeth, wat verlede Woensdagaand die toekenning ontvang het.

Swanepoel (22), wat die graad BIng (chemies) cum laude verwerf het, het geskiedenis gemaak aan die US met 100% vir sy finale projek in ontwerp – iets wat geen student nog kon regkry nie.

“Toe my naam geroep word, het ek met ’n bonsende hart vorentoe geloop. My ma, Sybel, en twee oumas – Bettie Kemp en Sannie Swanepoel – was ook daar.

“Dit was ’n ongelooflike eer,” sê Swanepoel.

Swanepoel se toekoms is vir hom uitgestippel. In 2017 pak hy ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese onder prof. Cara Swart aan en daarna wil hy sy doktorsgraad behaal.

Omdat hy met ’n beurs van Sasol studeer, gaan hy daarna by dié maatskappy werk.

Swanepoel sê liefde vir die akademie motiveer hom.

“Ek hou daarvan om ’n konsep te neem en dit my eie te maak.”

Hy is bly dat hy die Matie-ervaring kon hê.

“Ek is trots Afrikaans en sou aan geen ander universiteit as Stellenbosch wou studeer nie,” sê Swanepoel.
Martin Viljoen, ’n woordvoerder van die universiteit, sê aan ’n byna 100 jaar oue universiteit is dit bykans onmoontlik om iets te bereik wat niemand anders nog vantevore reggekry het nie.

“Dit is dus geen wonder nie dat sy (Swanepoel) se ontwerpprojek as ‘straks die absolute hoogtepunt in voorgraadse prestasie’ in die fakulteit beskryf is.

“Tog is dít nie die enigste prestasie waarvoor hy onthou sal word nie. In nóg ’n eerste vir ingenieurswese aan die US het hy 93% vir sy finalejaarprojek behaal – ook die hoogste punt tot nog toe. Sy werk aan hierdie projek was so uitmuntend dat hy genooi is om dit vir publikasie in ’n spesiale uitgawe van die International Journal of Chemical Engineering Data voor te lê.”

Volgens Viljoen is Swanepoel se ingenieurstudie uit die staanspoor, sedert 2013, deur konsekwente akademiese uitnemendheid gekenmerk en hy het sy vierjaargraad in 2016 met ’n gemiddeld van 94,1% voltooi.

“Dít is die tweede hoogste punt wat al in hierdie program aan die US behaal is. Die hoogste punt tot dusver is maar ’n skrale 0,9% meer, op 95%.

“Hou in gedagte dat hy hierdie punte behaal het ondanks die onstuimigheid wat sedert die einde van 2015 aan Suid-Afrikaanse universiteite heers.”

Swanepoel was ook van 2013 tot 2015 redakteur van die koerant van Eendrag-manskoshuis, sowel as bestuurder en stigter van die koshuis se taal- en vertaalkomitee.

“Ook op die dansbaan staan hy vir niemand terug nie, en van 2008 tot 2011 het hy goue toekennings vir baldans ontvang.”

Viljoen sê hoewel Swanepoel al menige toekennings ontvang het, is die hoogtepunt van hierdie toekennings die kanseliersmedalje.

“Dit is die hoogste eerbewys wat ’n student aan hierdie universiteit kan ontvang. Hy is ’n besonder waardige ontvanger.”

Swanepoel het matriek met agt onderskeidings geslaag en die tweede hoogste punte in die Oos-Kaap behaal.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.