Perd, soldaat oplaas herenig

2016-05-11 06:00
Perd en soldaat in Russellweg, Port Elizabeth, is uiteindelik herenig. Meer as ’n jaar nadat dié gedenkbeeld deur vandale onder die vaandel van die EFF beskadig is en die soldaat vir veiligheid verwyder is, het ’n groep NMMU-studente die opdrag ontvang om die beeld te restoureer. Justin Lucas, Nickey Liebenberg en Le Roux Hennop het gister die beeld help opknap. Foto: Werner Hills

Perd en soldaat in Russellweg, Port Elizabeth, is uiteindelik herenig. Meer as ’n jaar nadat dié gedenkbeeld deur vandale onder die vaandel van die EFF beskadig is en die soldaat vir veiligheid verwyder is, het ’n groep NMMU-studente die opdrag ontvang om die beeld te restoureer. Justin Lucas, Nickey Liebenberg en Le Roux Hennop het gister die beeld help opknap. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NÁ meer as ’n jaar op sy eie is die perd wat in Russellweg in die Baaise middestad wag staan, met sy soldateruiter herenig.

Dit is te danke aan ’n groep studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse universiteit (NMMU), wat deur die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap (MBDA) en die munisipaliteit ingespan is om die beeld te restoureer.

Die munisipaliteit het die soldaat, wat vir 110 jaar langs die perd gekniel het, verlede April vir veiligheid verwyder, nadat vandale, onder die vaandel van die EFF, dié beeld – opgerig ter nagedagtenis aan die perde wat in die Anglo-Boereoorlog omgekom het – beskadig het.

Hy is Vrydag stil-stil op sy plek voor die perd terugbesorg.

“Ons wou dit stil hou, want die gom vat ’n rukkie om droog te word, en ons wou nie besoekers lok in dié tyd nie,” het David Jones, NMMU-dosent in beeldhouwerk, verduidelik.

Jones is ook die koördineerder van die NMMU-beeldhougroep, wat hoofsaaklik uit studente in beeldhouwerk bestaan. Dié groep is aangestel om die beeld, perd en al, te restoureer.

Die taak sal waarskynlik minstens nog ’n maand neem om te voltooi, het Jones gesê.

“Ons het die duike uit die soldaat se helm verwyder en hom skoongemaak en geverf. Die volgende deel is om die perd se saal te vervang en dié beeld ook op te knap, maar dit sal ons in Russellweg doen, sonder om die beeld te skuif.”

Dit is ook goeie ervaring vir die studente om aan die projek te werk, voeg Jones by.

“Dit is soos praktiese werksondervinding om by hul studies te voeg. By die universiteit leer hulle van die mag van beelde omdat elke beeld – dié een ingesluit – baie betekenis inhou.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.