Polisie waarsku teen bedrogspul

2017-11-15 06:00
Kol. Priscilla Naidu

Kol. Priscilla Naidu

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE polisie se voertuigmisdaad-ondersoekeenheid in Port Elizabeth waarsku slagoffers van motordiefstal om op hul hoede te wees vir mense wat hulle as polisielede voordoen en geld vra om gesteelde voertuie terug te kry.

Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het tien mense die afgelope twee maande aangemeld dat hulle oproepe ontvang het van polisiebeamptes wat beweer het hulle dat hul gesteelde voertuie opgespoor het.

“Die ‘polisielid’ bel na bewering die mense en sê dat hul voertuie opgespoor is en dat hulle tussen R1 500 en R2 000 in ’n e-wallet moet inbetaal.

“Die voertuig word gewoonlik ‘teruggevind’ van buite die gebied waar dit oorspronklik gesteel is. Die persoon noem ook dat sodra die geld inbetaal is, hy reëlings sal tref dat die voertuig vrygestel kan word.”

Naidu voeg by dat mense opgewonde raak en die geld onmiddellik inbetaal net om nooit weer van die persoon te hoor nie. “Mense word daaraan herinner dat die polisie nie geld vra vir die terugvind of vrystelling van ’n gesteelde of gekaapte voertuig nie.

“Mense wat so ’n oproep ontvang, moet altyd die ondersoekbeampte kontak om die inligting te bevestig. Dit is altyd belangrik om die ondersoekbeampte se telefoonnommer en die saaknommer byderhand te hê. Moet nooit ’n telefoonnommer van die persoon wat bel aanvaar nie.”

Volgens Naidu is dit in hierdie stadium onduidelik hoe die swendelaars inligting oor die diefstal van die voertuie of kontakbesonderhede van die klaers gekry het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.