Safa ondersteun Danny Jordaan ná seksklag

2018-04-04 06:04
Danny Jordaan.Foto: Themba Makofane

Danny Jordaan.Foto: Themba Makofane

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) het Donderdag sy ondersteuning uitgespreek vir Danny Jordaan, sy sokkerbaas, en die vrou wat hom van verkragting verkla, daarvan beskuldig dat sy haar storie verander het.

Hulle het ook ’n klap aan die media uitgedeel.

Jennifer Ferguson, sangeres en voormalige ANC-LP, beweer Jordaan het haar sowat 24 jaar gelede in ’n hotelkamer in Port Elizabeth verkrag.

Jordaan ontken die bewering en het vantevore Ferguson se voorstel dat hulle die saak deur ’n proses van “herstellende geregtigheid” bemiddel, van die hand gewys.

Ferguson het onlangs op Facebook aangekondig dat sy besluit het om ’n amptelike klag teen hom in te dien.

Die klag is by ’n polisiekantoor in Parkview, Johannesburg, ingedien en na Port Elizabeth oorgeplaas.

Safa se topbestuur sê in ’n verklaring daar was die afgelope ses maande ’n reeks “grootskaalse aanslae deur die media” op Jordaan.

“Ons is verder bekommerd oor die tendens om mense in die media te vervolg, buite die raamwerk van die bestaande strukture wat gestig is om sulke sake en die regte van vroue wat mishandel is, te behartig.

“In dié opsig wil ons uitwys dat elke mens, sonder uitsondering, deur die regstelsel as onskuldig beskou word totdat skuld in ’n hof bewys is.”

Safa sê Jordaan is op rekord dat hy skuld ontken en Ferguson se weergawe van wat gebeur het, verskil merkbaar van wat sy in 2017 gesê het. Die bewerings het verlede jaar vier dae voor Safa se kongres in die media verskyn.

“Hy (Jordaan) het verder alle beweringe wat vier dae voor ons verkiesingskongres in die media verskyn het, ontken,” lui die verklaring.

Safa sê hy glo die saak moet op ’n “regverdige en objektiewe” manier deur die howe hanteer word.

  • Lees Safa se verklaring hier: https://twitter.com/SAFA_net/status/979347277709041665

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.