Samekoms vir Spories dié Sondag

2018-11-28 06:02
Die stoomlokomotiefie van afgetrede treindrywer Chris van Zyl sal pronk voor aan die treintjie wat pensioenarisse gratis ritte sal verskaf by die samekoms. Foto:VERSKAF

Die stoomlokomotiefie van afgetrede treindrywer Chris van Zyl sal pronk voor aan die treintjie wat pensioenarisse gratis ritte sal verskaf by die samekoms. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EERSKOMENDE Sondag, 2 Desember, sal die jaarlikse groot samekoms van die Oos-Kaapse afgetrede Spoorwegwerkers by die PE Miniatuur-treintjie-klubgebou, by Stella Londt-park, gehou word.

Die geleentheid, wat om 09:00 begin, bied vir oud-kollegas die geleent-heid om te gesels oor, onder meer, die verlate toestand van onbemande spoorwegstasies wat lank gelede meegeding het vir gesogte trofeë soos die Lady Duncan Trophy wat jaarliks toegeken was aan die mooiste stasie in ’n spesifieke kategorie.

Dit sal ’n bring-en-braai geleent-heid wees met vure, pap en sous wat voorsien word. Alle Spoorweg afge-tredenes is welkom om dit by te woon. Elkeen moet sy eie stoele en sonsambreel saambring.

Een van die hoogtepunte op die program is die besoek van advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus wat die Spories op hoogte sal bring van die jongste verwikkelinge van ’n moontlike skikking in die jarelange klasaksie teen Transnet in die hooggeregshof ten opsigte van die R80 biljoen eis.

– MEDEWERKER

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.