Sentrum vir fisiek gestremde kinders in Bethelsdorp moet ander heenkome vind

2016-09-14 06:00
Genevieve Hendricks by een van die deure waar daar ingebreek is by die Bethelsdorp Erfenissentrum, waarvan sy ’n gedeelte huur. Foto: ALVENÉ APPOLLIS

Genevieve Hendricks by een van die deure waar daar ingebreek is by die Bethelsdorp Erfenissentrum, waarvan sy ’n gedeelte huur. Foto: ALVENÉ APPOLLIS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SENTRUM vir fisiek gestremde kinders in Bethelsdorp, Port Elizabeth, moet voor die einde van die jaar ’n nuwe heenkome vind.

Die Miracle Kids-stimulasiesentrum het kennis gekry om teen 31 Desember vanjaar die oranjekleurige Bethelsdorp Erfenissentrum in Skoolstraat te ontruim.

Die terrein behoort aan die Bethelsdorp Congregational-kerk wat dit aan die munisipaliteit verhuur het, maar dit nou weer terugvat omdat die gebou vervalle is.

Genevieve Hendricks, ’n boorling van Bethelsdorp, het in 2008 die Miracle Kids-stimulasiesentrum vir gestremde kinders begin.

Honderde fisiek gestremdes se lewe het by die Miracle Kids-stimulasiesentrum verander, onder wie 66 wat só goed gevorder het dat hulle kon begin skoolgaan.

“Die kerk se tesourier, Marvin Draai, het ons ingelig dat die kerk nou weer die gebou oorneem.”

Hendricks is vasbeslote dat die fisiek gestremdes, wie se families nuwe hoop kry ná hul behandeling, nie in die steek gelaat moet word nie.

“My werk met die kinders beteken vir my veel meer as ’n gebou. Ek gaan nie baklei om in ’n gebou te bly en dan is ek ongelukkig in my werk nie,” voeg sy by.

In Julie en Augustus is altesaam vyf keer by die sentrum ingebreek. Die skade, herstelwerk uitgesluit, beloop al nagenoeg R150 000.

Ofskoon Hendricks by die munisipaliteit vir ’n gebou aansoek gedoen het, wag sy steeds op bevestiging van haar aansoek.

“Trevor Louw, die raadslid, was baie hulpvaardig en het my sy ou kantoor aangebied om ons werk voort te sit.

“Dit is egter baie klein en ons sal ongeveer 40 kinders moet laat gaan,” sê Hendricks.

Die kerk sê die gemeente het al in September 2015 besluit om die gebou terug te neem.

“Die gebou is teruggeneem by die munisipaliteit, aangesien hulle (die munisipaliteit) vir vyf jaar nie die huur betaal het nie, maar meer spesifiek omdat die gebou vervalle is.”

Draai sê die hele gebou moet herstel word. Ander werk sluit in verf, die herstel van die plafon, deure, vensters, en algemene herstelwerk en opknapping.

“Ons het reeds die veiligheid verskerp aangesien daar ’n hele paar inbrake was.”

Volgens hom word die Congregational-kerk deur die gemeente gelei en die besluit oor toekomstige verhuring sal deur die gemeente bepaal word.

“Ons werk met ’n beperkte begroting, daarom kan ons nie sê wanneer die werk afgehandel sal wees nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.