Sepie-rebel leer in Baai oor liefde vir nuwe fliek

2016-09-28 06:00
Simoné Nortmann, oftewel Nadia van 7de Laan, is eersdaags in die rolprent Vir die voëls te sien. Sy was dié naweek in Port Elizabeth om bejaardes oor die liefde uit te vra vir kort video’s oor dié fliek waarin sy binnekort haar rolprentdebuut sal maak. Foto: WERNER HILLS

Simoné Nortmann, oftewel Nadia van 7de Laan, is eersdaags in die rolprent Vir die voëls te sien. Sy was dié naweek in Port Elizabeth om bejaardes oor die liefde uit te vra vir kort video’s oor dié fliek waarin sy binnekort haar rolprentdebuut sal maak. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SYword dikwels nog uitgeken as die rebelse skoolmeisie Nadia in die sepie 7de Laan as sy in die openbaar verskyn.

Maar die aktrise Simoné Nortmann (26) hou haar lyf nou film-aktrise en maak eersdaags haar rolprentdebuut in die romantiese drama, Vir die voëls, wat deur Huisgenoot in samewerking met kykNET Films vervaardig is.

Nortmann het die afgelope naweek ’n Baaise draai gemaak om vir bejaarde inwoners oor die liefde uit te vra.

Vir die voëls gaan oor die liefde en as deel van ons landwye toer het ons na kleuterskole, skole en tehuise vir bejaardes gegaan om by oud en jonk te hoor wat hulle dink die liefde is,” verduidelik sy.

“In PE het ons Nazareth House in Sentraal besoek. Ek dink die mooiste beskrywing van die liefde was die ou tannie wat na my toe oorgeleun het om te sê: My kind, jy ken nie die liefde tot jy nie Jesus-liefde ervaar het nie. Ek het skoon hoendervleis gekry en sommer getjank!”

Dié rolprent is ’n ware verhaal oor Irma Humpel en Sampie de Klerk se liefdesreis.

“Toe ek oor Irma se karakter lees, was ek onmiddellik verlief op haar. Sy is nie jou every day girl nie. Sy het hierdie hardkoppige rebelsheid omtrent haar. Ek dink dis dié rebelsheid wat tot my spreek.”

Ná drie en ’n half jaar op die stel van 7de Laan besef sy dat sy dalk lewenslank – ondanks nuwe avonture op die kassie – as Nadia bekend sal wees.

“Ek is die eerste dag op die stel hieroor gewaarsku en ek het gedink dis sommer nonsens. Maar wraggies! Vir baie sepiekykers is dit moeilik om die mens en die werklikheid van die karakter te skei, maar dis oukei.

“As hulle jou onthou, beteken dit jy vertolk jou rol goed. Ek het egter my 7de Laan-hoofstuk afgesluit. Dit was tyd om aan te beweeg,” vertel sy.

Haar “aanbeweeg” het tien weke in Mosambiek op ’n sendingtog beteken en meer tyd vir oudisies.

Dan is daar ook nog planne om ’n boek te skryf.

“Ek is my ouers se enigste kind en ek dink dit het van my ’n groot dromer gemaak,” sê sy. “Mens moes maar jou verbeelding gebruik om jouself besig te hou. Ek is nie spyt nie, want dis dié verbeeldingryke kindertyd wat die kreatiwiteit in my laat blom het – iets wat mens beslis nodig het in dié bedryf.”

Haar enkelkindjare is hoekom sy eendag self “báie kinders wil hê”.

“Tog identifiseer ek met Irma se vrees vir trou. Daar’s beslis teenstrydigheid,” spot sy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.