Skatkis vol stories vir skole

2019-09-25 06:01
Boektrommels is onlangs aan Baaise skole oorhandig. Op die foto is leerders van Alpha Primêr, opvoeders en ATKV-personeel.                                  Foto:VERSKAF

Boektrommels is onlangs aan Baaise skole oorhandig. Op die foto is leerders van Alpha Primêr, opvoeders en ATKV-personeel. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LUISTER, lees, leer – hierdie is die vaardighede wat eersdaags by drie skole in Port Elizabeth toegepas gaan word om ’n lewenslange liefde vir lees te kweek.

Danksy die inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), het leerders van die Rufane Donkin Primêre Skool, Alpha Primêr en die Laerskool Republiek, die wêreld van lees ontdek.

Die doel van die projek is om lees-opleiding en -ontwikkeling aan skole met behulp van boektrommels te bied. Die boektrommels is vol gepaste boeke wat aan verdienstelike skole en kleuterskole geskenk word.

Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, het ’n voorleeswerkswinkel by die skole tydens die oorhandiging van die boektrommels aangebied.

Die Laerskool Republiek het in Augustus vanjaar hul opgeknapte biblioteek geopen. Die nuwe biblioteek is toegewy aan die wyle Helen Isaacs, ’n voormalige onderwyser aan die skool.

Van der Merwe het beklemtoon dat alle leerprosesse tuis moet begin en dat die belangrikheid van lees nooit onderskat moet word nie.

“Lees is ’n aangeleerde gedrag, soos byvoorbeeld om kinders te leer hoe om hul tande te borsel. Voor ’n kind kan lees, moet die grondslag vir lees dus eers vasgelê word. Leerders sukkel geweldig met lees juis omdat dit nie van kleins af aangeleer word nie. Kinders leer van die ouderdom nul tot en met ses jaar meer as wat hulle ooit weer in hul lewe sal leer. Jy hoef dus nie te wag tot hulle ouer word om vir hulle stories voor te lees nie,” sê Van der Merwe.

Volgens die ‘Progress in International Reading Literacy Study’ (PIRLS) 2016, kan 78% van Suid-Afrikaanse graad 4-kinders nie met begrip lees nie. Suid-Afrika was ook heel laaste van die 50 lande wat aan die studie deelgeneem het.

Luidens Van der Merwe, wil die VVA ook deur boeke kinders bemagtig en goeie waardesisteme leer deur hulle aan die regte boeke en stories bloot te stel.

Van der Merwe het bygevoeg, “Ongelukkig kan baie skole en mense nie altyd boeke bekostig nie. Daarom bied die VVA deur middel van ons boektrommelprojek die geleentheid om kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories bloot te stel. Met die uitgebreide boektrommelprojek wil die VVA in 2019 probeer om ’n groter impak te maak tot die ontwikkeling van ’n leeskultuur in gemeenskappe landwyd sodat kinders – eerste-, tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans – in woordryke omgewings kan grootword.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.