Skoolhoof van Papenkuil groet ná 37 jaar

2016-12-07 06:02
Neil Deerling (60), hoof van die Laerskool Papenkuil, lê die tuig neer. Hy sal binnekort sy broekpak en das vir ’n hamer en beitel verruil om sy ambagsmandroom heeltyds na te jaag. Hier hoelahoep hy vir oulaas saam met van sy leerlinge. Agter is Mureed Fredericks (9) en Chloe Malgas (6). Voor is Sinekamva Gabha (7) en Faeez Fredericks (9).  Foto’s: Morné du Randt

Neil Deerling (60), hoof van die Laerskool Papenkuil, lê die tuig neer. Hy sal binnekort sy broekpak en das vir ’n hamer en beitel verruil om sy ambagsmandroom heeltyds na te jaag. Hier hoelahoep hy vir oulaas saam met van sy leerlinge. Agter is Mureed Fredericks (9) en Chloe Malgas (6). Voor is Sinekamva Gabha (7) en Faeez Fredericks (9). Foto’s: Morné du Randt

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OM ’n onderwyser te wees, is om ’n stuk hout in jou hand te hê – jy besluit self of jy vuurhoutjies, ’n lampie of ’n meubelkas daaruit gaan maak.

Só glo Neil Deerling (60), hoof van die Laerskool Papenkuil in Gelvandale in Port Elizabeth wat ná 37 jaar by dié skool die tuig neerlê.

“Die onderwys bly maar ’n edele beroep,” sê hy.

“Dis die één beroep wat met niks anders vervang kan word nie.”

Deerling, ’n timmerman se seun, wou aanvanklik in sy pa se voetspore volg en hom as ambagsman vestig.

“Ek wou net tot die destydse standerd 8 skoolgaan en ook ’n timmerman word, maar my pa het gesê: ‘My seun, ek wil nie hê jy moet so hard werk soos ek nie. Word eerder ’n onderwyser.’

“Ek het toe musiek gaan swot en ná my studies die werk as musiekonderwyser by Papenkuil gekry,” onthou hy. “Ek was nog nooit ’n dag spyt oor my besluit nie.”

Deerling is in 1986 as hoof van die musiekdepartement by die skool aangestel. Hy was sedert Oktober 1993 skoolhoof en sal op 9 Desember die leisels aan sy opvolger oorhandig.

Onder sy bewind is onder meer die skool se eerste gr. R-klasse begin en het die skool – wat in 1967 gebou is – drie jaar gelede weer ’n blinknuwe baadjie gekry.

“Een van my vele visies vir ons skool was nog altyd dat die gebou opgeknap word sodat ons soos ’n baken van hoop in die woonbuurt sou uitstaan,” sê hy.

“Timmerman wees is ook maar net onlosmaaklik deel van my en ek kon nog nooit verby ’n deur loop wat nie ’n handvatsel aan het nie. My liefde vir tuinwerk, loodgieterswerk en selfs net gewone instandhouding het ons oor die jare heen sommer duisende rande gespaar.

“Ek dink as daar één ding is wat ek graag wil sien bly leef wanneer ek weg is, is dit dat die skool sy netheid behou. Ek wil nie verby ry en papiere sien rondwaai nie,” sê hy laggend.

Deerling hoop egter dat die onderwysstelsel, veral in die Oos-Kaap waar eindelose probleme knel, gou volmaaktheid proe.

“In my 37 jaar in die tuig het ek seker nou elke denkbare verandering in die kurrikulum ervaar. Ek het nie met alles saamgestem nie, maar verandering is onvermydelik,” sê hy. “Daar sal seker nog heelwat ander dinge in die onderwys verander, maar dié wat agterbly moet onthou ’n skool is nie ’n eiland nie.”

Sy advies is dat hoofde en skole in hul omgewing hegte bande met ouers moet smee.

“En selfs met die ouens wat op die hoeke van die strate rondstaan. Elke Krismis het ek juis vir húlle iets in die hand gestop en gesê: Kyk agter ons skool.

“En as ’n ouer sê jy moet die boom uitkap omdat die blare te dig is, doen dit. Dis die ouers van Gelvandale wat Papenkuil in die hartjie van moeilikheid staande help bly.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.