Smouse vies oor verbod

2015-11-25 06:23
Vrugtestalletjie-eienaar Willie Harvey (met groen hoed) met sy werkers Beauty Kwani (met blou voorskoot) en Lothandu Dama (met geel baadjie). Foto: Deon Ferreira

Vrugtestalletjie-eienaar Willie Harvey (met groen hoed) met sy werkers Beauty Kwani (met blou voorskoot) en Lothandu Dama (met geel baadjie). Foto: Deon Ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“DIT maak nie sin dat ons smouse weggejaag word nie. Ons verdien ons geld op ’n eerlike en opregte manier.”

Só sê Theunis Mulder, eienaar van TLT Biltong, nadat Baaise entrepreneurs langs Kragga Kammaweg in Sunridge verlede week ná amper twee dekades van handel dryf binne ’n oogwink hul staanplek en inkomste verloor het.

’n Munisipale kennisgewingbord wat smouse hier verbied, is sonder waarskuwing geplant op die sypaadjie waar Willowbysingel in Kragga Kammaweg doodloop. Die bord dui aan dat dié breë sypaadjie (naby die Sunridge Village-inkopiesentrum) nou ’n ontspanningspark is waar geen handel gedryf mag word nie.

Mulder het vertel toe hy twee jaar gelede sy werk as ’n streeksbestuurder van ’n skryfbehoeftewinkelgroep verloor het, het hy hom nie tot misdaad gewend of begin bedel nie. “Ek het eerder inisiatief geneem en self geld probeer maak. Ek het die regte stappe gevolg en ’n wettige permit gekoop. Hoekom sal die munisipaliteit die eerlikes wil stop?” wou Mulder weet.

Ook Hilda Harvey, wat al 17 jaar lank groente en vrugte hier verkoop, sê sy het oor die jare ’n groot kliëntebasis opgebou en het talle kontrakte met vrugteboere wat sy moet nakom. “Al my voorraad is bespreek en betaal vir die Feestyd. Dis duisende rande wat ek moontlik kan verloor.”

’n Woedende Elmar Venter, ’n vetplantsmous met swak sig, het gesê die oomblik toe die kennisgewingbord geplant is, het hy net genoeg geld gehad om tot die volgende aand vir sy gesin ’n brood te koop. “Ek weet die gebied se raadslid veg al lank om ons smouse in die gebied te stop. Maar ons is nie eens vooraf gewaarsku oor die oprigting van die kennisgewing nie; ons word net verjaag,” het Venter boos gesê.

Heinrich Müller, DA-raadslid vir die gebied, het toegegee dat hy smousery in die gebied wil stop in reaksie op inwoners se klagtes, maar die bord wat dit verbied, is ’n verrassing. “Dit is my werk om te reageer op inwoners se klagtes, soos rommel wat deur smouse gestrooi word en mense wat die verkeersvloei hinder. Maar ek was net so verbaas om te hoor van die bord wat opgerig is.”

Volgens Venter is daar nooit enige inwonerklagtes met hom of enige van die smouse bespreek nie. “As daar wel kommunikasie was, sou ons mos aan die probleme gewerk het. Maar om ons net so weg te jaag, is mos nie menslik nie,” het Venter gesê.

Müller stem saam dat die smouse vooraf ingelig moes gewees het. “Ons werk nou juis aan ’n oplossing om ’n beter gebied vir die smouse te kry – ’n veilige en relevante gebied wat die nodige geriewe het.”

Die Nelson Mandelabaai-metro het ná drie dae steeds nie gereageer op navrae oor wie die kennisgewingbord aangevra het of waar die smouse nou moet heen nie. – CARA-LEE SCHEUN

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.