Spelprogram help spelreëls vaslê in grondslagfase

2016-05-25 06:00
Talitha van der Walt, ’n Baaise sielkundige wat ‘n program saamgestel het om kinders met spelling te help.     Foto: DEON FERREIRA

Talitha van der Walt, ’n Baaise sielkundige wat ‘n program saamgestel het om kinders met spelling te help. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET lang werkure en groot druk om die pot aan die kook te hou, het ouers deesdae min tyd om hul kroos te leer spel.

En met die skoolleerplan wat ál groter word, het selfs onderwysers vandag hulp nodig om hul leerlinge se samestelling van woorde te poets.

Juis hierom het Talitha van der Walt, ’n Baaise sielkundige, ’n flink elektroniese spelprogram ontwikkel om sowel ouers as onderwysers te help.

Jy laai bloot die program op jou rekenaar en met die druk van ’n knoppie “praat” die “elektroniese onderwyser” jou speel-speel deur al die reëls en klanke.

Van der Walt, wie se Spoedleesboekies (1991) steeds in skole gebruik word, het die Spelpret Spelprogram, wat Donderdag bekend gestel is, juis vir leerlinge van gr. 3 tot gr. 5 en dié met fisieke gestremdhede geskryf.

“Ek het lank as opvoedkundige sielkundige en grondslagfase- en remediërende onderwyseres gewerk,” het sy gesê. “Oor al die jare het ek die patroon, uitdagings en haakplekke oor en oor beleef. Dit word erger met die tonne werk wat kinders deesdae met die uitbreiding van die skoolleerplan in die grondslagfase moet baasraak. Daar is net nie meer tyd om vaslegging te doen nie. As jy die spelboompie nie op laerskool geplant kry nie, sal hy nooit groei nie.”

Van der Walt het dié program aanmekaargesit met behulp van Ben du Plessis, die tegniese regisseur van die opvoedkundige program Thabang Thabong wat op SABC2 uitgesaai is. Du Plessis het die programmering van die program behartig en seker gemaak dat die instruksies eenvoudig genoeg is sodat kinders onafhanklik kan werk.

“Al wat ’n ma hoef te doen, is om die rekenaar aan te skakel voordat sy die stoof aansit,” het Van der Walt verduidelik.

“Die meeste ouers kan hul kinders in gr. 1 en gr. 2 help as hulle met spel sukkel, maar van gr. 3 word die spelreëls en metodiek nogal ingewikkeld. Die program fokus op stewige metodes sodat die ­reëls baasgeraak word. Ek het tien jaar daaraan gewerk en dit was nogal ’n uitdaging om ál die tegnologiese nuwighede bymekaar te bring, maar hier is dit nou: ’n spel-hulpmiddel waarby ouer, onderwyser én leerling kan baat vind.”

Vir meer inligting, besoek die spelprogram se webtuiste by www.spelpret.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.