Stigterslid van ‘PE Express’ oorlede

2017-09-13 06:02
; Wyle Flip Meyer.Foto: VERSKAF

; Wyle Flip Meyer.Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

FLIP Meyer, wat deel van die span was wat die PE Express van stapel gestuur het, is verlede week in die ouderdom van 72 oorlede.

Meyer was voorheen die bemarkingsbestuurder by die destydse Oosterlig, wat later Die Burger Oos-Kaap geword het. Hy was aktief betrokke by die stigting van die PE Express in 1983 wat aanvanklik as ’n gemeenskapskoerant van Die Burger uitgebring is.

Voormalige kollega Ina Randall onthou Meyer as ’n ywerige spanlid wat altyd die koerant se beeld positief wou uitdra.

“Flip het dekades gelede die basis gelê vir wat nou nog ’n florerende koerant is,” het Randall gesê.

Hy het ná sy aftrede in Tsitsikamma en die Langkloof geboer. Hy laat sy vrou Maria, twee kinders, Wikus en Ilanie, en drie kleinkinders agter.

Die begrafnisdiens vind Vrydag, 15 September om 1nm by die NG Kerk Kareedouw plaas.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.