Stokou beeld ná inbraak gesoek

2019-05-01 06:01
’n Beeld soortgelyk aan dié een in die foto is by ’n huis in Port Elizabeth gesteel. Volgens die eienaar verskil die gesteelde beeld se bokant van dié een in die foto, die draak is ook meer prominent en die beeld is hoofsaaklik groen, met enkele bruin dele.       foto: https://za.pinterest.com/pin

’n Beeld soortgelyk aan dié een in die foto is by ’n huis in Port Elizabeth gesteel. Volgens die eienaar verskil die gesteelde beeld se bokant van dié een in die foto, die draak is ook meer prominent en die beeld is hoofsaaklik groen, met enkele bruin dele. foto: https://za.pinterest.com/pin

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n MAN van Port Elizabeth bied ’n beloning van R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die opsporing van ’n beeld wat tydens ’n huisbraak gesteel is.

Inbrekers het in November en weer in Februarie by Corrie Esterhuysen (88) se huis in Adcockvale toegeslaan, waartydens die beeld en ander waardevolle oudhede gesteel is.

Die beeld is volgens André Esterhuysen, Corrie se seun, ’n kunswerk uit die Tang-era in China (618 tot 907 ná Christus), met groot sentimentele waarde vir hul familie.

Gedurende November se inbraak is Corrie se diamantringe en geld gesteel. Met Februarie se inbraak het die inbrekers al die kamers in die huis se deure oopgeskop, maar het hulle dié keer Corrie se kamer oorgeslaan.

“Ek vermoed dit was dieselfde inbrekers wat geglo het hulle het die vorige keer alles uit my ma se kamer gesteel, toe deursoek hulle die ander kamers.

“In my kamer het hulle net een vaas gevat, maar omtrent alles wat blink is, gesteel,” sê Esterhuysen, ’n versamelaar van oudhede.

Esterhuysen was ten tyde van die inbraak vir werk in Rusland, maar het met sy tuiskoms verskeie tweedehandse en antiekwinkels van die inbraak en diefstal in kennis gestel. Inligting is later bekom dat ’n man Esterhuysen se Russiese beer-klok by ’n antiekwinkel probeer smous het, waarna ’n klopjag saamgestel en die man voorgelê is.

’n 28-jarige man is by die antiekwinkel in hegtenis geneem, waarna nog oudhede van Esterhuysen by die man se huis aangetref is.

Met dié verdagte in die hof, het die polisie ’n lys aangevra van al die artikels wat tydens Februarie se inbraak gesteel is.

Esterhuysen en sy ma het die lys die afgelope week saamgestel, waartydens hulle besef het dat dié Tang-era-beeld vermis word.

“Ons kom nie elke dag in die sitkamer (waar die beeld gestaan het) nie, so het eers nou, terwyl ons fyner gekyk het, besef die beeld is weg.”

Die beeld is volgens Esterhuysen in 1880 deur Anna Cawood, ’n vriend van sy ma se familie, van Engeland na Suid-Afrika gebring. Corrie het later die beeld van Cawood geërf.

Esterhuysen sê hulle het geen foto van die beeld nie, maar beskryf dit soos volg:

Die beeld is doodgewoon, met ’n ronding bo en onder. Dit is sowat een meter hoog en tussen 20 cm tot 25 cm in deursneë. ’n Draak met vinne krul van bo tot onder daarom.

Die beeld is hoofsaaklik groen en hier en daar bruin.

. Enigeen met inligting wat tot die opsporing van die beeld kan lei, kan Esterhuysen by 067 660 1358 bel.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.