Strandfront-sanger se musiek na nuwe hoogtes geneem

2019-06-19 06:01
Wessel Jordaan.  foto:verskaf

Wessel Jordaan. foto:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WESSEL Jordaan, ’n sanger van Port Elizabeth, het nou ná jare se musiekmaak op straat ’n helpende hand van Gauteng ontvang om sy musiek na nuwe hoogtes te neem.

’n Groep van die nie-winsgewende organisasie, ABBAS Table in Pretoria-Noord, het onlangs vir Jordaan by die Pier in Somerstrand sien optree en hom dadelik genooi om saam met die bekende sanger Mathys Roets by een van hul geleenthede op 29 Junie op te tree.

Volgens Beth Human van ABBAS Table het sy en ’n paar vriende ook saamgespan om sy buskaartjie te betaal, vir hom klere te kry vir sy optrede en vir hom ’n CD te laat opneem wat by die geleentheid op 29 Junie vrygestel gaan word.

Dié CD, getiteld “By my Vader se Tafel”, is Jordaan se eerste en is in Nelson Mandelabaai opgeneem.

“Ons het besef dat sy sang- en musiek-gawes Godgegewe talent is en het besluit om hom te help om sy heel eerste CD opname te maak,” het Human gesê.

“Dit was nog my hele lewe lank my droom om my eie CD te kan opneem,” het Jordaan bygevoeg.

Hy het op 14-jarige ouderdom by hul buurman, Billy, begin kitaar speel nadat hulle in 1978 van Somerset-Oos in Port Elizabeth aangekom het. Die buurman, wat kort daarna oorlede is, het hom ook iets anders geleer: Deur God is álles moontlik.

Jordaan het al as ’n tjokker op Somerset-Oos in ’n kerkkoor begin sing, “as ’n sonstraaltjie vir Jesus”. Sy ma het ook in kore gesing en sy pa was ’n bekwame sanger.

Ná gr. 10 moes hy help geld verdien. Hy het eers koerante afgelewer en mettertyd tot in die drukkersbedryf gevorder. In Port Elizabeth het hy ook sy vrou, Vanessa, ontmoet en hulle het vyf kinders, Hesterlina, Rowaan, Melissa, Jonathan Deem en Andria.

Twee van Jordaan se kinders studeer tans aan die Nelson Mandela-Universiteit – die een in rekeningkunde en die ander mik na medies.

Jordaan het vertel dat hy ’n voorliefde vir gospel-, soul- en R&B-musiek het, wat hy die graagste sing, maar hy hou van omtrent alle soorte musiek.

Hy het in 2011 voor restaurante in die Shark Rock-omgewing begin sing. Derduisende toe-riste van oral in die wêreld het al daar na hom geluister en foto’s saam met hom geneem.

Mense wat hom daar naby die gewilde Pier hoor speel en sing, vra hom soms om by geleent-hede soos troues en verjaardagvierings op te tree. Hy het ook al in die voorprogramme van konserte deur bekende sangers en groepe ge-speel.

“’n Jong sakeman was ’n paar jaar gelede só beïndruk deur sy talente dat hy vir Wessel ’n splinternuwe kitaar gaan koop het en dié wys reeds die verweer van dag in en dag uit in die son en reën speel,” het Human vertel.

Jordaan en dié weldoener sien mekaar nog gereeld.

Die inwoners van Pretoria-Noord is tans besig met fondsinsameling om weer vir hom ’n nuwe kitaar aan te skaf.

Die lewe as ’n straatsanger is dikwels moeilik maar Jordaan, ’n diep gelowige mens, se vrien-delike geaardheid en vermoë om met enig- iemand te gesels, maak hom een van die Baai se bekendste en gewildste inwoners.

“My liefde vir musiek sal nooit sterwe nie. Dit is soos my suurstof en die suurstofvervaardiger is God. Sonder Hom sal ek sterwe en met Hom sal ek lewe.”

Enigiemand wat daarin belangstel om Jordaan te ondersteun, by te dra tot sy optrede in Pretoria-Noord of van sy CD’s te bestel, kan Beth Human by 079 283 0546 kontak of ’n e-pos stuur na abbastable10@gmail.com of wesseljordaan19@gmail.com.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.