Strenger verordening oor vuurwerk dalk gou van krag

2020-01-08 06:00
Met ’n nuwe vuurwerk-verordening op die tafel, kan vuurwerkvertonings in die Nelson Mandelabaai-metro moontlik iets van die verlede wees. Foto: Argief

Met ’n nuwe vuurwerk-verordening op die tafel, kan vuurwerkvertonings in die Nelson Mandelabaai-metro moontlik iets van die verlede wees. Foto: Argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n NUWE, strenger munisipale verordening oor die afvuur en verkoop van vuurwerk kan vanjaar teen Kerstyd in die Nelson Mandelabaai-metro van krag wees nadat dit uiteindelik afgehandel is.

Volgens Shane Brown, die metro se waarnemende direkteur van veiligheid en sekuriteit, is hulle gereed om vergaderings vir openbare deelname te hou, waarop die gemeenskap die geleentheid sal kry om die voorgestelde verordening te bespreek.

“Ons is nou in die finale fase. Sodra die openbaredeelnameproses afgehandel is, sal die verordening aan die raad voorgelê word.”

Volgens Brown sal die verkoop en gebruik van vuurwerk ingevolge die verordening baie strenger beheer word.

“Hierdie verordening is ’n voorkeursaak, nie net om die diere en mense in die stad te beskerm nie, maar ook aangesien ons ’n droogtegeteisterde gebied is waar vuurwerk ’n brandgevaar inhou.”

John Best, DA-raadslid in die metro, sê gedurende die twee jaar wat hy as burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit gedien het, was die opstel van die nuwe vuurwerk-verordening vir hom ’n voorkeursaak, maar dit het nooit gerealiseer nie.

“Vroeg in 2018 het Gustav Rautenbach (die DA-woordvoerder oor veiligheid in die metro) weer die kwessie op die raadsvergadering oor veiligheid en sekuriteit opgehaal. Gustav het die mosie gebring om die verordening te voltooi.”

Volgens Best is dit kort voor Desember afgehandel, maar kragtens wet mag ’n openbaredeelnameproses nie gedurende die “feestyd-maand” gehou word nie.

Datums vir die openbaredeelnameproses behoort nog in Januarie geadverteer te word, aldus Brown.

Best sê hulle hoop vir ’n verordening wat ’n algehele verbod op die gebruik en verkoop van vuurwerk behels.

“Ons sou graag die nuwe verordening die afgelope feestyd al in werking wou hê, maar ons glo dit sal einde vanjaar geld.

“As ’n inwoner van (die) Linton Grange(-woonbuurt) is ek regtig geskok oor hoe baie klappers en vuurwerk in woongebiede geskiet word.

“Ons verstaan die polisie kan nie op Oujaarsaand met elkeen van die voorvalle by ’n huis belas word nie en daarom is dit belangrik dat die nuwe verordening veral fokus op die verkope van vuurwerk.”

Best en Brown is dit eens dat vuurwerkvertonings in die metro eerder met laservertonings vervang kan word, soos wat die Kouga-munisipaliteit tydens sy Nuwejaarsvieringe gedoen het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.