‘Tegnologie beroof kinders van spierontwikkeling’

2016-04-06 06:00
Ouers besef nie die belangrikheid van speel as fisieke oefening vir die ontwikkeling van ’n kind se brein en spiere nie, sê Shantell Didloff, afrigter in ritmiese gimnastiek.  Foto: Heilie Combrinck

Ouers besef nie die belangrikheid van speel as fisieke oefening vir die ontwikkeling van ’n kind se brein en spiere nie, sê Shantell Didloff, afrigter in ritmiese gimnastiek. Foto: Heilie Combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die afgelope 10 jaar as ritmiese gimnastiekafrigter, het Shantell Didloff beleef hoe tegnologie die jeug al hoe meer beroof van noodsaaklike spierontwikkeling omdat aktiwiteite soos boomklim en touspring uit die mode is.

“Kinders raak al hoe meer onaktief weens hul keuse van vermaak. Hulle sit ure lank voor rekenaars of met tablette,” het Didloff, eienaar en instrukteur van iBayi Rhythmic Gymnastics Club, gesê.

Volgens haar besef ouers nie die belangrikheid van speel as fisieke oefening vir die ontwikkeling van ’n kind se brein en spiere nie.

’n Direkte gevolg hiervan is ’n baie lae of swak spiertonus – verswakte of slapper spiere wat gewone spel moeiliker maak, en by dié wat wel ’n sport beoefen, veroorsaak dat hulle makliker beseer word.

“Heelwat kinders sukkel met lae spiertonus en swak spierkoördinasie. Dit is vir my ’n uitdaging om te sien hoe die oefeninge wat ek hulle laat doen oplaas ook ’n verskil aan hul selfbeeld en leerwerk maak.

“Middel- en kruislyn-ontwikkeling en al die koördinasie wat daarmee saamgaan, is uiters belangrik vir ’n kind se motoriese ontwikkeling, wat weer nodig is vir die ontwikkeling van kinders se lees-, skryf- en leervaardighede.

Bogenoemde is alles vaardighede wat die kind se selfbeeld help versterk aangesien lees, leer en skryf dan makliker is.

Daar is lae of swak spiertonus as ’n kind byvoorbeeld op sy of haar tone loop, gereeld tone stamp, lomp lyk, sukkel om trappe te klim, dit moeilik vind om vorentoe te rol of as skryfwerk nie volledig is nie.

Anna de Lange van Despatch se dogter, Rebekah (5), het onlangs by Didloff begin oefen. “Sy het alles probeer van karate tot hip-hop en was nooit ywerig om te oefen nie, maar sy is dol op ritmiese gimnastiek. Dit is ’n kombinasie van verskillende oefeninge en my kind geniet dit baie.

“Ek het nooit besef hoe belangrik touspring is nie. Inteendeel ek het nie geweet daar is sekere oefeninge wat kinders op sekere ouderdomme behoort te kan doen nie,” het De Lange gesê.

Didloff, wat al verskeie medaljes in ritmiese gimnastiek op nasionale vlak gewen het, se groot passie is om kinders opgewonde te kry om aktief te wees en eerder tou te spring as om vasgenael te sit voor die televisie.

Ritmiese gimnastiek, het Didloff ook besef, bied ook uitkoms vir kinders wat met outisme moet saamleef. Sy gee klas aan die Quest-skool vir kinders met outisme.

Verder onderrig sy van 2- tot 20-jariges op Despatch asook in Somerstrand en Sunridgepark in Port Elizabeth in die kuns van ritmiese gimnastiek.

  • Bel Didloff by 084 299 5023 of stuur e-pos na ibhayigym1@outlook.com vir meer inligting

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.