Top-matrikulant: Siekte keer Teniel nie om uit te blink

2020-01-15 06:00
Teniel Smit van die Cape Recife Special School in Port Elizabeth, en haar ma, Alta, spog met haar trofee.                                                            foto: Lulama Zenzile

Teniel Smit van die Cape Recife Special School in Port Elizabeth, en haar ma, Alta, spog met haar trofee. foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HAAR ma het gehoop om net een Kersfees saam met haar pasgebore baba deur te bring, en hoewel dokters getwyfel het of sy haar eerste verjaardag sou sien, is Teniel Smit verlede Woensdag as die top-matrikulant vir spesiale skole in die Oos-Kaap, kluster B, aangewys.

Die “wonderwerk” – soos Alta Smit na haar dogter verwys – moet daagliks meer as 50 pille drink, minstens drie keer per dag ’n nebuliseerder inspan, en fisioterapie vir haar asemhaling kry.

Die dokters was kort ná haar geboorte skepties oor haar kanse om te oorleef nadat sy op vyf weke longinfeksie en longontsteking opgedoen het en ’n ileostomiesakkie moes kry.

Twee spesialiste het gesê sy sal nie die operasie oorleef as hulle die sakkie verwyder nie, maar sy het.

Sistiese fibrose is egter kort daarna by haar gediagnoseer. Dis ’n genetiese toestand wat chroniese sinusitis en herhaaldelike longinfeksie veroorsaak, asook distale dermverstoppingsindroom (Dios). Dié toestand vereis dat sy daagliks sowat 30 pille moet drink om haar spysverteringstelsel te stimuleer.

Daarby is sy ook ’n tipe 1-diabeet.

’n Opgewonde Teniel het verlede Woensdagaand in Oos-Londen op ’n galageleentheid vir toppresteerders gesê sy het geensins die eerbewys verwag nie en was veral verbaas oor haar punte wat veel beter is as wat sy verwag het.

Boonop het sy ’n brief van die Nelson Mandela-Universiteit ontvang wat bevestig sy is vir ’n kursus in logistiek en vervoer aanvaar.

Smit het die trane afgevee en sê sy is nog nie heeltemal gereed om haar dogter onder haar vlerk te laat uitgaan nie.

“Ek is totaal oorweldig, trots en baie dankbaar.”

Smit skryf haar dogter se sukses toe aan gebed, die Cape Recife Special School en die gemeenskap se ondersteuning.

“As ek gewig kon verloor met al die trane wat ek al van trots en blydskap gehuil het, sou ek seker aan anoreksie gely het.

“Ons is dankbaar vir elkeen se hulp. Sonder die skool en die gemeenskap sou ons nie hier gewees het nie.”

Teniel se boodskap aan matrikulante met gesondheidsuitdagings is om altyd hard te werk.

“Moenie ophou nie. Dit neem soms lank vir mense om te sien hoe hard jy werk, maar op die einde kry jy erkenning, aande soos hierdie maak dit die moeite werd.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.