Twee plaaslike digters vereer

2019-06-19 06:00
Dulcie Ehlers.      Foto’s:FOTO24

Dulcie Ehlers. Foto’s:FOTO24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HOEWEL die Kirkwood-wildsfees bekend is as een van die Oos-Kaap se joligste byeenkomste van die jaar waar lekker geëet en heerlik saamgekuier word, word by die fees ook graag met die inwoners se talente gespog.

Twee digters sal vanjaar tydens die fees namens die ATKV spesiale erkenning vir hul digkuns ontvang. Stef Delport (72) en Dulcie Ehlers (57) se digkuns sal tydens die fees by Die Burger en die ATKV-tak Kirkwood se Koek op die Stoep-stalletjie voorgelees word.

Ehlers is getroud met Hennie Ehlers en woon saam met hul kinders, Hennie (getroud met Eldine), Jacques en Cara (wat in Stellenbosch studeer), asook ’n magdom troeteldiere op hul sitrusplaas in die nabye omgewing van Kirkwood.

As lektrise in wiskunde en biologie aan die destydse Algoa Col­lege of Education het haar uitkyk op die lewe verander en het haar paaie ook met dié van die skrywer en digter Vincent Oliphant gekruis.

“Sy tweede digbundel, Die sagte vlees, het my stom gelaat,” het sy gesê. “Dit was woordewetenskap en ek kon letterlik met toe oë na sy woorde luister terwyl ’n prentjie voor my vorm aanneem.”

Sy het in 2007 as gevolg van Facebook begin skryf.

“My statusinformasie het eers klein begin en mettertyd langer en langer geword!” vertel sy. “Ek het my skryfwerk nog nooit werklik as gedigte geklassifiseer nie en noem dit eerder my welfies, my woordeselfies.”

Sy put inspirasie uit enigiets. “Ek is met ’n onblusbare hongerte gebore om vreemde dinge te ondersoek en te probeer verstaan,” verduidelik sy.

“Ek het ’n passie vir wesens wat nie ’n stem het nie, moontlik omdat ek self hard moes baklei sodat my stem gehoor kon word.

“Natuurlik is dit vir my ’n groot eer dat die ATKV my skryfwerk goed ge-noeg vind om voor te lees. Ek is net ’n gewone ma wat woorde amper so liefhet soos my kinders, niks meer nie en niks minder nie!”

Bartle Logie beskryf Stef Delport in sy boek Sundays: Tales from a Winding River (2011) onder andere as ’n boer, munisipale amptenaar, histo-rikus, boomliefhebber, geliefde skrywer, stoere Afrikaner en selfaange-stelde publisiteitsagent van Kirkwood wat die bou van ’n voor-ryrugbyspeler het met die brein van ’n akademikus.

Delport is met Meredith getroud en woon al sedert 1974 op hul sitrusplaas in Kirkwood. Met ’n uitgebreide familie van vier seuns, Janus, Ricus, Cornel en Stef jr., vier kleinkinders, die twee Vizslas oftewel Hongaarse pointers Joffel en Bruno, en ’n vet boerboel genaamd Sheeva, ook bekend as antie Poppie, is daar nie kans vir stilsit nie.

Die liefde was bes moontlik Delport se inspirasie om te begin dig.

“Ek dig al sedert 1971, die jaar wat ek my vrou ontmoet het,” sê hy. “Ek het oor haar en my kontrei, die Sondagsriviervallei, gedig, maar of ek ’n digter is, sal die tyd eers moet leer.

“Die bekende skrywer Herman Charles Bosman het al in 1940 geskryf dat die meeste sogenaamde digters maar net versies skryf.

“Daar moet eers genoeg tyd verloop voordat hulle as digters geklassifiseer kan word, minstens honderd jaar, so ons sal maar moet sien!”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.