Van ’n droom na ’n werklikheid vir Baaise skool

2019-06-19 06:00
Leerders en onderwysers van die Bet-El Christelike Akademie in Kabegapark.                  Foto:VERSKAF

Leerders en onderwysers van die Bet-El Christelike Akademie in Kabegapark. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT wat jare gelede as net ’n droom vir ’n privaat Christelike skool begin het, is vandag ’n spoggerige werklikheid.

Die Bet-El Christelike Akademie, ’n Afrikaanse Christelike private hoërskool in Kabegapark, het in 2015 sy eerste leerders verwelkom.

Hulle het begin met slegs een gr. 8-klas met 10 leerders. Vanjaar spog die skool met sy eerste matriekklas met 12 leerders en altesame 68 leerders in die skool.

Pierre Hauman, oudhoof van die Hoërskool D.F. Malherbe en voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse onderwysersunie (SAOU) in die Oos-Kaap, is die man aan die stuur van die skool, wat deur die Gemeentes van Christus-kerk in Kabegapark gebou is.

Luidens pastoor Eddie Prinsloo van die Gemeentes van Christus, kan die skool tans slegs 200 leerders akkommodeer en die klasse is vir net 20 leerders toegerus.

“Dit het begin by ’n droom, dat ek ’n skool moet begin by die kerk, ’n Christelike skool. En toe dink ek dis iets groot. Ek het eers gedink dis ’n kleuterskool, voorskool, kleinskool. En soos ons die pad gestap het, besef ek dit kan nie ’n kleuterskool wees nie. Dis met ’n hart vol blydskap dat ek dit gedoen het. En dit moet wees tot eer van die Here ook,” het pastoor Prinsloo gesê.

“Van waar ons begin het met net ’n gr. 8-klas, net ’n paar kinders, tot waar ons nou gekom het, kan ek werklik die hand van die Here daarin sien.”

Hy het met ’n skoolhoof gaan gesels oor die projek wat hom toe in Hauman se rigting gestuur het.

“Hy vertel my van Pierre Hauman wat reeds 17 jaar by DF Malherbe was, en sy hele agtergrond. Hy vertel vir my daardie man maak klaar by die skool en sy hartsbegeerte is na ’n Christelike privaat skool, maar dis die fondse en die plek wat hy nie het nie,” het pastoor Prinsloo vertel.

“Ons het al die stappe deurgegaan, en met die hersonering sê hulle ek moet omgaan en by al die mense gaan toestemming vra om ’n skool te bou. Om ’n lang storie kort te maak, kom die argitek toe by my en sê die plek is reeds geregistreer sonder dat ons dit geweet het. Toe is dit nie eers nodig vir die hersonering nie. Die Here het reg aan die begin al alles in plek gehad.”

Hulle het bly groei van die paar leerders wat hulle in daardie eerste jaar gehad het tot waar hulle verlede jaar mense ongelukkig moes wegwys vir graad 8.

“Toe is die klas vol. Ons het net 18 in die klas en dit lyk of ons volgende jaar twee klassies gaan hê,” het Prinsloo gesê.

“Wat die skool uniek maak, is die persoonlike aandag wat die kinders in die klas kry. Dit trek die mense hierna. Dis ’n privaat skool wat bekostigbaar is. En kinders kry individuele aandag.

“Dit het nadele sowel as voordele vir die kind. As hulle sukkel, gaan hulle aandag kry, en as hulle stout is, gaan hulle ook aandag kry,” het hy geskerts.

“In die begin het dit net gelyk na iets onmoontlik, maar omdat die Here in die saak was, staan ons vandag hier.”

PORT ELIZABETH. – Die westelike gebiede van Port Elizabeth is reeds die tuiste van talle Afrikaanse laerskole, maar nou kom daar ’n Afrikaanse Christelike private hoërskool.

Die Bet-El Christelike Akademie, wat deur die Gemeentes van Christus-kerk in Kabegapark gebou word, sal in Januarie 2015 sy eerste leerders verwelkom.

Pierre Hauman, oudhoof van die Hoërskool D.F. Malherbe en voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse onderwysersunie (SAOU) in die Oos-Kaap, sal die man aan die stuur van dié skool wees.

Hauman het aan die einde van 2012 afgetree, maar het besluit om na onderwys terug te keer toe hy van die planne vir Bet-El gehoor het. “Ek wou nog altyd by ’n Christelike skool werk, en ek voel ek het nog ’n bydrae om te lewer,” het Hauman gesê.

“Die skoolgebou sal toegerus wees vir 200 leerders, pastoor Eddie Prinsloo van die Gemeentes van Christus gesê. “Op dié manier sal die skool uniek wees – met slegs 20 leerders per klas, sal elkeen persoonlike aandag van die onderwyser kan kry.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.