Veertig jaar van hoë gehalte en flinke diens

2016-04-13 06:00
Die kundige span van Pieter Rademeyer Loodgieters sorg dat die mense van Port Elizabeth se probleme met waterpype en ander algemene herstelwerk, flink en sonder hoofpyne opgelos word.    Foto: VERSKAF

Die kundige span van Pieter Rademeyer Loodgieters sorg dat die mense van Port Elizabeth se probleme met waterpype en ander algemene herstelwerk, flink en sonder hoofpyne opgelos word. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Pieter Loodgieters vier vandeesmaand 40 jaar van ononderbroke diens in die loodgietersbedryf.

Pieter Rademeyer, die eienaar, meen hy het altyd geweet hy sou in die sakewêreld beland.

In 1970, sy matriekjaar, het hy in verbinding getree met Frikkie Kotzé, ’n familievriend van sy pa en mede-eienaar van EP Plumbers. Hy het onderneem om na afloop van sy diensplig sy vakleerlingskap in loodgieterswerk by dié firma te voltooi. Die Kotzé-broers, Theuns en Frikkie, was op daardie tydstip legendes in die loodgietersbedryf. Veral oom Frikkie Kotzé was vir hom ’n mentor.

Ná sy opleiding, begin Pieter in April 1976 sy eie onderneming, Pieter Rademeyer Loodgieters. Hy omskep sy ouerhuis by Pickeringstraat 18, Newtonpark, se dubbelmotorhuis en rig vir hom en ’n handjievol personeellede ’n kantoor in.

Pieter se oudste suster, Elsa, was in die begindae sy sekretaresse en het uiteindelik 30 jaar lank saam met hom gewerk. In 1978 het sy vrou, Betsie, die onderwys verlaat en voltyds by haar man se span aangesluit. Saam het hulle oor die jare heen verskeie ondernemings opgebou.

Rademeyer meen sy aanvank­like sukses kan toegeskryf word aan die ondersteuning van vriende en familie – veral sy rugbyvriende toe hy vir die Oostelike Provinsie- en Park-rugbyspanne uitgedraf het.

Nuwe dienste uitgebrei

Oor die jare het hy egter sy onderneming begin uitbrei en vir betroubare bouers in die stad begin werk.

’n Groot deurbraak het gekom toe die firma hul eerste groot kontrak beding het en hulle 3 000 toilette in Motherwell en New Brighton moes installeer. Hy moes ’n slootgrawer koop om die projek suksesvol af te handel.

Toe die kontrakteur en later ander ondernemings al hoe meer belangstel om die slootgrawer te huur, sien Pieter die moontlik­hede hiervan raak en Pieter Rademeyer Plant Hire is gebore. Vandag het hy 14 slootgrawers wat oor die hele provinsie vir verskeie bouprojekte verhuur word. Hierdie afdeling word deur Gerrie du Preez bestuur.

Pieter was nou in ’n posisie om verantwoordelike mense aan te stel om sy sakebelange vorentoe te help neem. Hy het ’n verdere gaping in die mark gesien – dié van loodgieter-instandhoudingswerk.

Destyds was daar slegs een groot maatskappy in die stad wat hierin gespesialiseer het. Hy was gelukkig genoeg om ’n kontrak los te slaan om na die instandhoudingswerk van die meeste regeringsgeboue in Port Elizabeth om te sien.

Hierna het vele kontrakte gevolg en dit het hom in staat gestel om sy vlerke te sprei.

Hoewel Pieter se loodgietersonderneming steeds sy belangrikste belang was, en is, het hy sy aandag na die ontwikkeling van eiendomme verskuif. Aanvanklik het hy hom op die bou van meenthuiskomplekse toegespits.

Nuwe aanbouings, maatskappy vorder

In die 1990’s word Pickeringstraat 18 en aangrensende eiendomme gesloop om eindelik die Pickering Park-kompleks, waar heelwat nasionale en vooraanstaande plaaslike ondernemings vandag nog huurders is, te ontwikkel.

Pieter Rademeyer Loodgieters se kantore verskuif toe na die ou Andersons-kwekery in Westering. Later word nog ’n meenthuiskompleks, Radé Villas, op dié einste perseel gebou.

Hy koop later ’n nywerheidsperseel vir kantoorruimte in die Cotswold-uitbreiding, vanwaar sy groep steeds sake bedryf.

Vanaf 2006 het Nicolene Gerber, sy kantoorbestuurder wat reeds 20 jaar by die firma betrokke is en haar man, Hugo, by die loodgietersonderneming aangesluit. Sedertdien bestuur hulle dié onderneming voltyds, met Pieter wat steeds na die groter kontrakte omsien en, waar nodig, raad gee.

Hierdie skuif het Pieter die geleentheid gegun om meer tyd en aandag aan bouprojekte te bestee. Hy spits hom in hierdie tyd toe op die bou van lewensreg-aftreeoorde en pakhuise.

Hy en sy span is tans besig met ’n nuwe aftreeoordontwikkeling in Lorraine. Die eerste een­hede sal hopelik in Augustus voltooi word.

In 2016 is die Pieter Rademeyer Groep baie dankbaar vir enige sukses ten opsigte van hul sakebedrywighede. Hulle is in elke besigheidsaspek uitstekend gevestig met mededingende pryse wat deurlopend gehandhaaf word. Pieter Rademeyer Loodgieters is ook op die goedgekeurde lys van al die groot versekeringsmaatskappye.

Pieter Rademeyer Loodgieters het ’n huishoudelike naam in Port Elizabeth geword. Hul reputasie oor die afgelope 40 jaar spreek van “flinke diens” van hoë gehalte en mededingende pryse

Pieter en sy span het ’n onderneming op die been gebring wat getuig van “werktrots, harde werk en bowenal, genade en seën vanaf hul Hemelse Vader”.

Pieter dink nog glad nie aan aftree nie en is soggens vroeg reeds in die gimnasium voordat sy werksdag om 07:00 begin!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.