Veghond wat by diereskuiling gesteel is, opgespoor

2016-06-15 06:00
Dié gesteelde Amerikaanse veghond is Sondag deur die polisie en die AACL van ’n erf in Gelvandale gered.  Foto: verskaf

Dié gesteelde Amerikaanse veghond is Sondag deur die polisie en die AACL van ’n erf in Gelvandale gered. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“TOE sy my stem hoor, het haar hele liggaam begin bewe,” sê Beverley Rademeyer van die Animal Anti-Cruelty ­League (AACL) in Port Elizabeth ná die dramatiese reddingspoging van ’n gesteelde Amerikaanse veghond-teef Sondag.

Dié tweejarige hond – wat nog nie ’n naam het nie – is oor die Paasnaweek uit die AACL se erf gesteel, aldus Rademeyer. Die PE Express het ook hieroor berig. Danksy die publiek se inligting is sy teruggevind.

“Sy is baie vriendelik en ook baie groot. Iemand het seker oor die hek geklim, haar geneem en aangegee vir iemand aan die buitekant.”

Volgens Rademeyer het die AACL ’n tyd gelede ’n wenk gekry dat die hond in die Gelvandale-gebied is. “Ek het met ’n polisieman daaroor gepraat en om haar terug te kry moes fyn beplan word.

“Ons kan weens die onveiligheid nie net sommer in ons woonbuurte ingaan om honde te gaan haal nie.”

Rademeyer sê sy het vasgestel waar die hond aangehou word, haar huiswerk oor die plek se uitleg gedoen en die polisie die besonderhede gegee.

“Die Gelvandale-polisie het bystand verleen en my laat weet om te kom toe hulle op die erf was waar die hond aangehou is.

“Dit was ’n emosionele oomblik. Toe ek haar sien, het ek geweet dis ons hond. Haar hele liggaam het gebewe toe sy my stem hoor. Ons het alles probeer om haar terug te kry; advertensies, pamflette en ook kinders gevra om te help soek.

“In die week toe sy gesteel is, sou sy na Vereeniging vlieg om daar hervestig te word.”

Rademeyer vergelyk die steel van ’n dier met dié van gesteelde goedere.

“Ouers moet vrae vra wanneer hul kinders met honde of ander diere tuis opdaag. Dié honde word gebruik vir gevegte en as hulle nie hiervoor geskik is nie, vir teeldoeleindes,” sê Rademeyer. Haar raad aan mense wie se diere gesteel is, is om nooit op te hou soek nie. “Al lyk alles na ’n doodloopstraat. Probeer weer. Nes hier sal daar altyd iemand wees wat hulle gesien het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.