Voortrekkers trap nuwe spore met 85ste bestaansjaar

2016-09-28 06:00
Die Voortrekkers saam met ’n groep leerders van Laerskool Nanaga. Die Voortrekkers het meer as R20 000 se boeke aan die skool op 19 Augustus geskenk.                                     Foto: VERSKAF

Die Voortrekkers saam met ’n groep leerders van Laerskool Nanaga. Die Voortrekkers het meer as R20 000 se boeke aan die skool op 19 Augustus geskenk. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

2016 is beslis ’n opwindende jaar vir Die Voortrekkers organisasie wat hul 85ste bestaansjaar vier.

Tien feeste sal regoor Suid-Afrika gehou word, met die laaste een in Port Elizabeth, om die lang geskiedenis van Die Voortrekkers te herdenk.

Die Voortrekkers is op 30 September 1931 gestig en is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig.

Die Voortrekkers het vier omvattende leierskapsontwikkelingsprogramme vir laerskool-, hoërskool-, naskoolse en volwasse lede.

Hulle begelei Suid-Afrika se jeuglede om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle eie toekoms, gemeenskap en omgewing.

Al die huidige Suid-Afrikaanse Voortrekkers, sowel as dié van Namibië, neem deel in die spesiale feesvieringe in hul 85ste bestaansjaar.

Die Voortrekkers se tema vir 2016 is Trap Nuwe Spore.

Oor ’n tydperk van ongeveer drie maande hou hulle verskeie geleenthede om die jare te herdenk en nuwe lede in te trek.

Die Voortrekkers hoop om ten minste 1 000 nuwe lede te werf, buiten die sowat 2 000 wat tydens die geleenthede ingelyf word.

Tydens die feesvieringe wil die huidige lede die ABC van die Voortrekkers deel:

  • Afrikanerskap: Op 19 Augustus het hulle boeke vir Laerskool Nanaga se biblioteek geskenk in samewerking met Lapa-uitgewers.
  • Burgerskap: Op 15 Oktober, nooi Die Voortrekkers die OP Kinder-en-Jeugsorgsentrum se kinders om saam met hulle te deel in kuier, pret en speel. Hulle wil vir elkeen met ’n nuwe paar skoene huis toe stuur sodat hulle ook ‘nuwe spore’ kan trap.
  • Christenskap: Die Voortrekkers beoog om in hierdie maand, in samewerking met Gideons, sowat 100 Bybels aan te koop vir ’n skool wat daarby kan baat.

Die laaste van die tien feeste sal in Port Elizabeth van 14 tot 16 Oktober plaasvind.

Jak de Priester is gekies as die kunstenaar wat by elke fees gaan optree en hy sal sy nuwe lied, “Sporelied”, wat spesiaal vir die feeste geskryf is, bekendstel op die 14de by die Goldfield Ouditorium om 7nm.

Kaartjies teen R120 vir volwassenes en R80 vir kinders onder die ouderdom van 13, is beskikbaar by www.westway.co.za.

Op 15 Oktober gaan verskeie geleenthede gehou word, waaronder ’n Pretdag saam met die OP Kinder-en-Jeugsorgsentrum by die DF Malherbe sportgronde om 9vm.; ’n Kranslegging by die Piet Retief monument om 3nm.; en ’n Kampvuurkonsert by die DF Malherbe sportgronde om 7nm.

Die fees word op die 16de afgesluit met ’n kerkdiens by die NG Kerk in Kragga Kamma om 9vm.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.