Vrese oor besoedeling in rivier ná visvrektes

2020-01-15 06:01
Besoedeling is glo die oorsaak van visse wat in die Swartkopsrivier vrek.

Besoedeling is glo die oorsaak van visse wat in die Swartkopsrivier vrek.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DOOIE kurpers wat langs die Swartkopsrivier in Nelson Mandelabaai uitgespoel het, het vrese laat ontstaan dat dié rivier weer besoedel kan wees.

Lede van die Zwartkops-bewarea, die bewakers van die Swartkopsrivier en -riviermonding, het die verskynsel van die visse wat uitgespoel het verlede week opgemerk.

Jenny Rump, omgewingsbestuurder van die Zwartkops-bewarea, sê hulle het besluit om ondersoek in te stel toe daar klagtes ontvang is van besoedeling in die Uitenhage-gebied, wat die visse laat vrek.

Volgens Rump, wat verlede Woensdag saam met ander belanghebbendes ondersoek gaan instel het, het die rioolvuil vryelik in die rivier gevloei.

Dit wil voorkom asof die rioolvuil wat in die rivier vloei, veroorsaak is deur die wanfunksionering van die Kelvin Jones- en KwaNobuhle-rioolaanleg. Daar het ook rioolvuil by die Markman-kanaal afgevloei vanaf ’n verstopte pyp op die hoek van Addo- en Ou Grahamstadweg.

Luidens inligting het daar na bewering op 26 Desember ’n probleem ingesluip met ’n kabel by Kelvin Jones. By KwaNobuhle het die feit dat daar oor die feestyd minder personeel as gewoonlik aan diens was, probleme laat ontstaan.

“Die dooie visse is in die Swartkopsrivier in die Despatch-omgewing ontdek. Dit is baie kommerwekkend,” sê Rump.

“Visse ly, weens die rioolvuil, aan ’n gebrek aan suurstof, wat hulle dan eindelik laat vrek.”

Om agter die kap van die byl te probeer kom, het Rump en haar span watermonsters geneem by die riviermonding, en in die rivier tot by Uitenhage, om die vlakke van die E.coli in die water te toets.

Die uitslae van die toetse gaan sowat ’n week neem, aldus Rump.

Intussen word inwoners gemaan om watersport en aktiwiteite in die water te staak, veral bo die Wylde-brug.

Rump het bygevoeg dat die water van die Swartkopsrivier verlede jaar van goeie gehalte was en dat daar geen voorvalle aangemeld is nie.

“Dit is teleurstellend om nou weer sulke klagtes te kry.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.