Vrou (61) praat oor pikaanval

2016-03-30 06:00
: Nico Vermaak en Estelle Barnard wat Die Burger aflewer, praat oor hul traumatiese ervaring.  Foto: werner hills

: Nico Vermaak en Estelle Barnard wat Die Burger aflewer, praat oor hul traumatiese ervaring. Foto: werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE 61-jarige vrou wat Donderdagoggend met die skerp kant van ’n pik in die rug gekap is, se aanvaller is nog nie aangekeer nie.

Estelle Barnard het Die Burger in Walmer afgelewer toe sy aangeval is.

“Ek het verwag om nou al iets van die polisie te hoor,” het ’n ontstelde Barnard gesê.

Sy en Nico Vermaak (60), wat al die afgelope 16 jaar Die Burger aflewer, het Donderdagoggend by ’n huis in Kerkstraat stilgehou om die koerant af te lewer, min wetende dat ’n man hulle daar met ’n pik inwag.

“Toe ek om 02:50 uit die motor klim om die koerant in die posbus te sit, sien ek ’n man met ’n pik agter die bossies staan.

Toe hy op my afstorm, hardloop ek terug na die motor en spring in.”

Sy is egter in die nek en rug getref.

Donderdagoggend se drama het nie met die eerste pikhou geëindig nie. “Hy loop toe nog om die kar en kap ’n gat in die bak.

“Nico het nog oor my geworry wat so bloei, toe sê ek vir hom ‘Ry! Hierdie ou gaan ons doodkap!’”

Vermaak het vinnig agteruit gery, maar die aanvaller het nog ’n hou, dié keer op die dak aan sy kant, ingekry.

“As dit ’n sentimeter verder was, sou die pik my kop binnegedring het.”

Direk ná die aanval het hulle na die Walmer-polisiekantoor gery en die voorval aangemeld.

“Toe sê die polisie ek moet eers mediese behandeling ontvang. Ons is toe na die Life St. Georges-hospitaal,” het Barnard gesê.

Daar het sy steke aan haar diep rugwond gekry en X-strale is van haar nek geneem.

“Toe sê die dokter ek moet bly vir waarneming, ’n nekwerwel het seergekry, ek kan verlam raak.”

Barnard het egter geweier om langer te bly.

“Want die koerante – dis ons enigste brood en botter – moet nog afgelewer word.”

Tot hul grootste verbasing staan hul aanvaller toe by die spesifieke huis in Kerkstraat toe hulle omstreeks 06:40 daar opdaag. “Saam met die dominee! Hy het hom seker gebel ná die aanval. Toe hy ons sien, roep hy uit ‘Oh God, it’s them!’ En hy val op sy knieë en hy roep weer uit ‘Oh God, it’s a mistake’!”

“Hy praat Afrikaans met ons en Engels met die dominee,” het Nico verder vertel.

Hy het die motor die nag gehoor en gedink dis mense wat hulle wil aanval. Hy het ook gesê hy sal vir alles betaal.”

Barnard en Vermaak het wel later, toe hulle klaar koerante afgelewer het, ’n amptelike klag ingedien.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en daar is nog geen ondersoekbeampte in die saak aangestel nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.